Laas week 7de Laan Opsomming: JULLE, ek wil nou nie bad luck wees - TopicsExpress



          

Laas week 7de Laan Opsomming: JULLE, ek wil nou nie bad luck wees nie, maar Altus en Paula se skuld hoop darem vreeslik op. As jy eers begin skuld maak vir af-show, is die nagevolge jou verdiende loon. Hulle wil dan nou glad huis koop, maar ek voorspel net nóg probleme. Ons is in ’n resessie en wit mense kry nie maklik werk nie. Julle twee sal werklikwaar moet lig loop. Arme Rick word links en regs belieg en bedrieg. Besef Emma nie sy speel nou met ’n klomp mense se lewens nie? Ek dink dis reg dat Ro­chelle Emma by Rick gepiemp het. Rick gaan nog seriously die jintoes met ’n panga in die Laan af jaag. Daar beter ’n trein by Stasie Ses stop sodat Marko kan ontsnap. Dit lyk my Rick is nou warm op Marko se spoor en stel nie vreeslik belang in bring-en-braai hou met Emma en Tiger nie. Gita is die duiwel en laat ou mense se huise plat ry. Daai arme ou vrou het nog haar huisie van Gita probeer weghou, maar shame, sy’t nooit regtig ’n kans gestaan nie. Dis vreeslik snaaks hoe Gita probeer besorg lyk. Die vrou het eenvoudig nie ’n gewete nie. Xander probeer game soek en skimp na Gita. Dis snaaks hoe die semi’s plat gery word kort nadat sy gesê het sy stel in hulle belang. Xander, jy vra ongemaklike vrae wat jou lewe in gevaar kan stel. Jy moet die detective-goed vir die wit mense los. Loop trek kontrakte vir Noth­nagel op en bepaal jou by jou egskeiding. Selfs Herman wil nou die semi’s koop. Julle wittes wil eenmaal nie hoor nie. Gee vir Gita die semi’s en hou jou stadige kind dop, Herman. Ek vermoed die dwelms het permanente skade gedoen. Daar bars die bom mos by die Times toe Nthabiseng en haar pruik se extensions baie omgekrap raak oor nóg ’n storie waarmee sy nie saamstem nie. Ryno en Xander het Miss Hillside se anorexia in die koerant ontbloot en Nthabiseng het rooi gesien. Sy het omtrent gegil en geskree en aandag gesoek met haar shares. Ander mense loop koop vir die kind ’n gatsby of ten minste ’n parcel vis en chips en neem dit hospitaal toe. Miss Hillside val flou op die stage en almal baklei oor alles buiten die feit dat die kind honger was. As Emma net beter kon lieg, was die wêreld vandag ’n veiliger plek, maar nee, die slap slet kon nie haar bene óf haar bek toe hou nie. En nou moet Marko saans wakker lê. Ek hoop Rick jaag hom die strate af met ’n byl sodat dit ’n voorbeeld kan stel vir die res van die Laan se jintoes. Ek hou van Rick as hy so lekker mal raak. Dis wragtig die enigste entertainment wat ’n mens deesdae in die Laan teëkom.
Posted on: Mon, 09 Sep 2013 10:37:26 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015