Nog n lekker storie! Let wel, hy is ook maar so effe rof, so as jy - TopicsExpress



          

Nog n lekker storie! Let wel, hy is ook maar so effe rof, so as jy n suurknol is, moet eerder nie lees nie... Gister is ek Builders Warehouse toe, maar ek is nie meer seker of dit ‘n wyse besluit was nie. Sien, die vorige aand het ek ‘n kerrie met chillies gemaak en ‘n m@erse lot van die dis opgevreet. Die chillies was een van Mike se gepatenteerde “jy-bek*k-jouself-chillie” souse. M@erse smaaklik, maar dit raak later nogal pynlik en ek kan julle n geskrewe guarantee gee dat jou h@l oop hang om asem te haal die volgende dag. Jou boudwange trek so wyd oop dit lyk soos ‘n spaniel se ore. Nou toe ek vanoggend wakker word, toe verwag ek dat die 06:00 “trein” my sal toilet toe roep, maar niks het gebeur nie. Alhoewel ek kon voel hoe daai chillies deur my derms swem. Dat daai chillies wou uit was nie altemit nie, maar ek het nie meer geweet waneer nie. Maar ek het dinge gehad om te doen en moes toe Builders Warehouse toe gaan om Rubol vir die dek te kry... Daar aangekom het ek die trollie gekry en so paar ander goetertjies gekoop soos houtskroewe en double sided tape, voordat ek by die verwe en terpentyne aangekom het. Dis die verste punt van die toilet af toe daai pyn deur slaan. Ek het met my elmboë op die trollie se handvatsel geleun op daai stadium. Skielik is my tree vanself korter en toe my h@lspiere toe trek toe trek (daardie) selfde h@lspiere my arms ook reguit. Dit het gelyk of my bene se bearings geslaan het want ekt tot stilstand gekom. Ek dink my h@lspiere is deur die chillies gyselaar gehou gewees, want toe kom daar n waarskuwing skoot uit. Ek was te bang om te beweeg want anders kom daar nog walms uit, maar het geweet: “Ouboet, jy moet nou hardloop!!!”. Ek het in beweging gekom en net toe ek by die gangetjie uitstap, kom daar so bleeksiel nerd met sy Builders Warehouse pakkie en vra “More meneer. Waarmee kan ek u help?” Nou kyk, die knaap weet van bouwerk net mooi f*kk*l, so ek mompel vinnig nee en stap aan. Ek is ook nou nie die afknouerige tipe nie, maar toe die knaap verder in die gangetjie afstap, toe draai ek om en kyk hoe die knaap in die rigting van daai walm stap. Genade mens. Dit was asof hy in ‘n muur vasgeloop het . Ek moes hom seker gewaarsku het, maar ek het nie. Sy oë het net so geknip-knip, toe val ‘n swerm onsigbare bye hom aan want hy waai sy arms en versnel in tru rat. Ek was emosioneel in twee geskeur. Ek bars uit van die lag, maar DIT was ‘n groot fout. Daar kom ‘n sarsie skote daar onder uit, wat ek later hoor vir ander customers soos ‘n gewapende roof geklink het. Hulle het blykbaar dekking geslaan en hul beursies en selfone tussen die rakke weg gesteek. Dinge was vir my nie meer so snaaks nie en ek jaag toe met daai trollie af toilette toe. Niemand het ook ag geslaan op my nie want almal dink ek hol van die rowers se geweerskote af weg. Maar al die pad “klap die skote” en ek hoop en bid ek maak die toilet voor die finale storting plaasvind. Vir “once in a while” was geluck aan my kant. My g@t het nog nie eers die sitplek geraak nie, toe vind daai einste finale storting plaas. Ek hoor toe hoe ‘n arme drommel die toilet instap en al wat hy se is “Liewe Blik .......!!!!” Daarna het ek die net sqeauk van die toiletdeur gehoor soos hy daar uit storm. Uiteindelik is ek klaar en ek stap uit. Nog ‘n winkel assistent kom na my toe en se “Meneer, een of ander idioot het ‘n stinkbom in die winkel gelos. My bestuurder wil hê almal moet buite staan sodat hy die waaiers vir so 2 minute op full blast kan laat werk.” Ek het gegrinnik, maar daar was nog “rowers” aan die anderkant van my grensdraad wat toe die laaste ligte skote afvuur nog voor ek kon knyp. Die winkel assistent se neus het skielik gefrommel en na hy sy hemp oor sy neus getrek het, het hy sy vinger in my rigting gedruk en geskreeu “Dit was hy!” Die bestuurder het my eenkant toe geroep en ek is later formeel in kennis gestel, of liewer gese dat ek geban is by Builders Warehouse... Ek is toe huis toe sonder die artikels wat ek wou aanskaf en net betyds vir middag ete. Al wat daar was om te eet, was gisteraand se chillie-kerrie wat toe nog beter smaak as voorheen. Ek eet toe maar die laaste lot ook op. Maar die dek moet geverf word met die Rubol, so more gaan ek Mica toe...
Posted on: Tue, 15 Oct 2013 09:44:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015