Stukkie uit Angus Buchan se boek: n Mosterdsaad. Ywer en - TopicsExpress



          

Stukkie uit Angus Buchan se boek: n Mosterdsaad. Ywer en gehoorsaamheid Dit sal gebeur as julle in alles gehoorsaam is aan die Here julle God. Sagaria 6:15b. As ons verwag dat die Here ons gebede en visie op die prys gaan stel, moet ons ywerige mense word. Ywerig: Volgens die woordeboek beteken dit om vol te hou met pligte en take. Ons moet versigtig voortgaan met ons pligte en take. Ons moet ywerig wees in dit wat God ons geroep het om te doen; om God se stem te gehoorsaam om presies te doen wat Hy se en nie die reels te verdraai nie. Jy kan nie twee meesters dien nie. Jesus se in Matteus 12:30: Wie nie aan My kant is nie, is teen My; en wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uiktmekaar. Sodra ons hierdie twee voorwaardes nakom, kan die Here in ons lewens werk en verwerkliking bring aan die visie en plan wat Hy vir elkeen van ons lewens het. Of dit nou n sakeonderneming, n sportdoelwit of n opdrag van God is, jy moet dit met ywer doen, en voldoende aandag skenk en sorg neem om by die voorwaardes te hou wat God aan jou stel. Wees gehoorsaam. Moenie die reels verdraai nie. Daar is geen kortpaaie hemel toe nie. Betaal jou inkomstebelasting. Wees eerbaar teenoor jou werkers. Wees eerlik wanneer jy aan sport deelneem. Moenie probeer om te kul met tye of tellings nie. Doen alles in gehoorsaamheid tot die Woord van God, en God sal sorg vir die res.
Posted on: Thu, 31 Oct 2013 03:40:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015