Omdat my Elohim Lééf, sien ek kans vir Vandag. Sy Koningryk se - TopicsExpress



          

Omdat my Elohim Lééf, sien ek kans vir Vandag. Sy Koningryk se Oorwinning in my Lewe, skuur die skerp kante van my elkedagse bestaan af en bring Sagtheid en Rus. Nog nooit was ek spyt oor enige Verandering wat my God in my Sielswêreld aangebring het nie. Ek wou nog nooit agterna my hare uit my kop trek omdat ek na Sy Stem geluister het, Hom gehoorsaam en myself aan Sy Majesteit onderwerp het nie. Elke keer as my wil die knie voor Sy Wil gebuig het, het Sy Woord my gelei na Kalm Waters. Sy Meetsnoere vir my het nog altyd op Lieflike Plekke geval en ek weet dat Hy vir my net die Goeie in Gedagte het. En so sal dit ook wees in Hierdie Dag. Die Vreugde om my Hemelse Vader in die oggend te mag Groet in Sy Troonkamer. Die Wete dat Alles wat van Hom af uitgaan, afstuur op Glorie en dat Hy reeds die Segetog voor my uitgebaan het. Sy Beskerming, Rus en Troos wat soos ‘n Wolk- en Vuurkolom voor my uittrek en my agterhoede dek. My Alfa en my Omega. Die Groot Amen van my bestaan.
Posted on: Mon, 02 Sep 2013 08:56:43 +0000

Trending Topics



:30px;"> PROMO ... FREE ONGKIR SELURUH INDONESIA TERMURAH ... SOFTLENS N1 +
Voluntary Thanksgiving Oh, that men would give thanks to the
Reviews++ New Balance Mens MW1200 Walking Shoe SEE DEAL →
เนื้อเพลง:
A KB Produções é uma Empresa que começou a fazer as suas
will be the film for abusing the Holy Prophet in America

Recently Viewed Topics




© 2015