:@>-- Goeie More@>--. Terwyl die druppels op die - TopicsExpress



          

:@>-- Goeie More@>--. Terwyl die druppels op die dak neerval, dan kan mens nie anders as om die goedheid van God te sien nie. Hy kap ons nie sommer uit nie, maar skaaf ons reg. Lukas 13 : 6 - 9 se die volgende, nl.: En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: n Man het n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. Toe se hy vir die tuinier: Kyk drie jaar kom ek om vrugte van hierdie vyeboom te soek en kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? Maar hy antwoord en se vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. As hy dan niks dra nie, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap. Vader, baie dankie dat U ons nog n kans in ons lewens gee. Dankie dat U ons nie net uitkap en weggooi nie. Ons is dankbaar dat U ons ook eers wil bearbei en sien of ons nie wil verander nie. Een ding staan uit vanoggend en dit is dat U nie mense net weggooi nie, sonder om keer op keer te probeer om hulle lewens te verander nie. Beskerm ons so ook deur die dag, Vader. Ek bring U al die lof en eer daarvoor. In Jesus Naam vra en bid ek dit. Amen.
Posted on: Tue, 03 Dec 2013 06:41:38 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015