9/11 in Springbok : ANC ondersteuners val NamaKhoi aan `n - TopicsExpress



          

9/11 in Springbok : ANC ondersteuners val NamaKhoi aan `n Gemeenskapsoptog wat gereël was (met toestemming van die munisipale bestuurder van NamaKhoi) vir Woensdag, 11 September 2013, om teen swak dienslewering in die NamaKhoi Munisipaliteit te betoog, het handuit geruk toe die gemeenskap (wat toevallig net uit ANC ondersteuners bestaan het), besluit het om eerder hul ware (ANC) kleure te wys en hulself skuldig te maak aan vandalisme. Net die toiletemmers het gekort! Behalwe dat daar heelwat minder mense aan die optog deelgeneem het as wat verkondig is (ANC lede van sover as die Siyanda munisipale area het aan die optog na die munisipale gebou deelgeneem, omdat genoeg plaaslikes nie bymekaar gekry kon word nie), was dit duidelik dat dienslewering net die rookskerm was en dat die “oorname” van NamaKhoi Munisipaliteit eintlik op die prioriteitslysie was. Tydens die optog het lede van die ANC die munisipale geboue met klippe bestook, deure afgetrap, vensterruite stukkend gegooi en personeel hardhandig vanuit hul werksplek verwyder. In so `n mate dat die SAPD moes intree.( Dan wonder burgers hoekom die koalisie die munisipaliteit sluit wanneer die ANC `n optog beplan.) Die “vreedsame” optog waarna inwoners op die sosiale blad Facebook genooi is, was allesbehalwe vreedsaam. Veiligheid van personeel en inwoners word deur die koalisie voorop gestel, daarom word die munisipaliteit wanneer nodig is gesluit-om veiligheidsredes. Hoe wil die ANC glo regeer as hulle nie omgee om NamaKhoi se eiendom te beskadig nie? Dis `n hartseerdag as mense moet opmars vir dienslewering. Veral as die wat verantwoordelik is vir dienslewering steeds dieselfde amptenare (hoofde ingesluit) is, wat voordat die DA/Cope koalisie ingekom het in die munisipaliteit , reeds by die munisipaliteit gewerk het. Niemand het hul posisies verloor nie en almal het intussen al per geleentheid lekker vet salarisverhogings gekry en tog…. Wat het verander van toe na nou? Swak dienslewering is `n duidelike bewys van die voetsleep en stille verset / sloerstaking van die amptenary wat verantwoordelik is vir dienslewering. Meeste amptenare in NamaKhoi Munisipaliteit steun steeds die opposisie (ANC). Ek dink almal kan die som maak. Die ANC wat so graag vinger wys- 3 vingers wys terug. Jul eie mense is verantwoordelik vir die swak dienslewering. En intussen ly al ons dorpe en inwoners daaronder...En probeer die ANC die “blame-game” speel deur die koalisie sleg te maak, in plaas van fokus daarop om die belange van die inwoners op die hart te dra. Fondse van Distriksmunisipaliteit , sowel as Provinsie, word verder van NamaKhoi Munisipaliteit weerhou. Belastingeld wat behoort aangewend te word vir ontwikkeling plaaslik. Dit beinvloed ook dienslewering nadelig. Inwoners weet self hoeveel huise is al sedert 2011 gebou. Dankie Distrikmunisipaliteit! Dankie Provinsie! Met hierdie ondersteuning van Distrik en Provinsie, kan die DA/COPE koalisie nie die dienste aan die publiek lewer wat hulle graag sou wou lewer nie. Dit is tyd dat inwoners besef waaroor dit gaan. Vir die ANC is alles `n magspel. Dienslewering was nog nooit die oogmerk nie. Dit gaan inteendeel tans met die armste van die armstes in die NamaKhoi regsgebied beter as voor die 2011 verkiesing. Subsidie kerwe is verhoog na R2600.00/ huishouding, tot groot verligting van die arm inwoners. Anders as wat die ANC tydens die optog basuin het, is daar steeds geen uitspraak in die hangende hofsaak oor die 8 ANC raadslede nie. (Dis ironies- as die ANC nie sedert Maart 2013 die raadsvergaderings geboikot het nie, kon hulle nou al lankal met `n normale raadsvergadering van beide die Speaker en Munisipale bestuurder ontslae geraak het.) En anders as die ANC wat kort-kort parkate uithaal en voorgee dat die hof reeds in hul guns beslis het , wag die koalisie geduldig, soos wetsgehoorsame burgers op die uitspraak. Die ANC kry 0/10 vir hul akrobatiese toertjies. “Now you see me, now you don`t.” Gemeenskappe van Namakwaland is nou regtig al uitgeput daarvan om elke week (?) op hol gejaag te word deur die ANC. Nog `n hof-/appél-aksie en “wen” uitslae vir die ANC, om net `n dag of wat later weer te moet hoor, die ANC parkate was pure verniet. Op Vrydag 30 Aug. 2013 het die ANC met groot simbaalgeklank (nadat die ouditeure uit die raadsaal geboender is), hul nuwe speaker Lorenzo Faber, op onwettige wyse aangewys. Die aanwysing is oral in die media uitbasuin. Groot ook was die vertoon met die optog in Springbok se strate by `n vorige geleentheid waar ondersteuners en die publiek ook verkeerdelik onder die indruk gebring is, dat dit die hangende hofsaak in NamaKhoi (waaroor steeds eers einde September uitsluitsel gegee word) deur die ANC gewen is. Mense voel bietjie verward. Het die ANC die kluts kwyt? Die DA (-Cope koalisie) het gekom om te bly -vireers en tot 23 September sal die ANC ook maar geduldig moet wag vir die hofuitspraak. Die ANC moet die eerbare ding doen en die regstelsel geleentheid gee om sy gang te gaan. “All great changes are preceded by chaos.” Die DA wil aan ondersteuners sê, dat die optrede van die ANC wys, dat hulle nie so seker is van hulself nie, daarom die chaos. Dit is `n groot lig in die tonnel. Die ANC voel bedreig. Die vandalistiese optrede en chaos op 9/11 in Springbok wys dat die ANC enige iets sal doen om NamaKhoi te beheer. Selfs hul lede aanhits om vandalisties op te tree, ten einde hierdie doelwit te bereik. Die koalisie sal berus by wat die hof uitspraak is, maar tot dan is die status quo soos dit huidig is. Ons sit soos `n neet. En die Demokratiese Alliansie in Namakwaland is nie van plan om iewers te gaan nie, behalwe om te mik om Provinsie in 2014 te help wen.
Posted on: Wed, 11 Sep 2013 18:31:53 +0000

Trending Topics



rgin-left:0px; min-height:30px;"> Bridges of Faith friends, this fundraiser is for the adoption fund
PERMANENT INCH LOSS SLIMMIING WRAPS: DEVELOPED & USED IN SPA’S.

Recently Viewed Topics




© 2015