AAN EMMA RAAK EK NIE MET ’N STOK 2013/08/11 JA, GELIEFDES, dis - TopicsExpress



          

AAN EMMA RAAK EK NIE MET ’N STOK 2013/08/11 JA, GELIEFDES, dis toe die week van die groot troue van Annelie, die modeontwerper met die sertifikaat van twee weke, en Pieter, die kunstenaar sonder ’n kwas. Hilda en Jerome is vasbeslote om die troukoek te maak spin en ek is eerlikwaar besorg oor die gaste se veiligheid, maar meer daaroor later. Wat my nervous maak, is Marko se sleggeit en Emma se saamspelery. Hy vertel haar sy en Rick is net op papier getroud en sy is só desperaat lus vir ougat maak dat sy vir daai flou kaart val. Hulle het dié week al twee keer in sonde oulik gemaak en ek kan nie verstaan hoe sy óf Marko snags slaap nie. Vince se vet hare is vol Brylcreem en ek dink nie dis reg dat almal so agter sy rug vir hom lag nie. As sy vriende regte vriende was, sou hulle hom vertel hoe erg dom ’n volwasse bruin man in 2013 met blink, vet hare lyk. Felicity en Herman het mos op Dewald en Nadia met hul dwelms afgekom nadat Dewald ge-overdose het en dit was ’n vreeslike gehuil en geskree. Felicity sit toe haar kop so versigtig op Herman se bors neer, want kyk, een sudden move en daai pruik hop soos ’n tjop van haar kop af en dan sien jy net soolkous. Altus en Paula speel met vuur, want nou lyk dit my Altus gaan die fortuin wat hy in events management gemaak het, alles in ’n belegging in die mynbedryf ploeg. Errol het verskriklik emosionele stres oor die been wat nou nie wil beweeg nie, maar ek sê Felicity se ou rolstoel is mos nog daar iewers. Die kind soek net aandag. Ja, goed, jy’t net een been wat werk, maar jou hele lewe speel hom in een straat af. Jy kan mos hop. Maar wag, toe vertel Emma mos vir Bonita dat Thinus mal is oor Marko. Wat ’n k*k rede! Die vrou probeer haar jintoeheid goedpraat met haar kind wat aan erge trauma ly oor sy elke ses weke met ’n ander daddy daar aankom. Ek is seker Thinus sal mal wees oor my ook en ná ’n week dink ek is sy pa, maar aan Emma raak ek nie met ’n stok nie. Soos wat sy te kere gaan, sal die groot griep haar nog een van die dae kom kry. Sies! Terug by die troue en Pieter is missing! Ek het aanvanklik gedink hy’t weggehardloop met sy ware groot liefde, Bernard, maar dis toe nie waar nie. Vrydagoggend is Nthabiseng se weave in die grootste rollers op aarde en iemand sal haar vinnig moet vertel dis nie haar eie hare nie. Die vrou ly aan ’n kompleks, maar die waarheid is haar roots het niks met haar punte in common nie. Almal by die troue (wel, behalwe Annelie) lyk toe pragtig en Hilda se spin-koek het moer toe ge-spin nadat Jerome gedink het hy’s MacGyver. Ek het niks van Annelie se outydse trourok gehou nie, maar Sifiso se hare was darem gekam. Ons skinder volgende week verder! -Robbie
Posted on: Thu, 15 Aug 2013 17:06:52 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015