Andre van Deventer miskien is ek verkeerd. het resepte hier gesien - TopicsExpress



          

Andre van Deventer miskien is ek verkeerd. het resepte hier gesien waar vis gebraai word in beslag. eers word die vis in eier gedoop en dan in meel, nog nooit so gedoen nie. verseker moet die vis gerol word in die meel en dan in die eier, op die manier klou die eier oor hele vis. as jy dit anders om doen kan die "batter " los kom van die vis want eier maak stoom as jy dit bak en die stoom druk dan die batter mengsel weg van die vis. ek het gisteraand weer vis gebak en so pas n porsie ge eet wat ek werk toe gebring het, so eenvoudig en maklik en vinnig, hier kom dit. 4 porsies hake of kabeljou of wit vis , kry vis ten kamer temp en druk droog met kombuis papier. Batter 3/4 koppie meel 2 eetlepels maizina (saam is die meel 1 koppie) 1/2 teelepel koeksoda 1 teelepel bakpoeier 1 teelepel sout 3/4 koppie water sif die meel mengsel, koeksoda, bakpoeier met sout saam gooi die 3/4 koppie water by en meng tot glad gooi so halwe koppie meel in n groot bord, sout en peper en kruie van jou smaak oor vis, rol dan in die meel en maak seker die vis is oral bedek. dip die vis in die Beslag en diep braai tot goud bruin. ns. in die beslag kan jy speserye van jou keuse sit, wat lekker is, is n halwe medium ui wat baie fyn gekap is, wat jy net by die beslag roer. daar is baie baie beslag resepte, wat werk is wat vinnig, goedkoop en smaaklik is. hierdie mengsel is ook reg vir die wat bier of soda water in die plek van water wil voeg. en dan kry jy die gene wat al ewig n pakkie uie sop, of watse sop ookal wil byvoeg, doen dit as jy daarvan hou maar ek het n kleintjie dood in resepte wat " gesop of ge kaas" is, alhoewel daar resepte is wat dit moet kry soos MAC&CHEESE, BLOMKOOL ENS WIL NET NOEM , Dat vis in n beslag wat in olie gebraai word seker nie die gesondste keuse is nie, wat lekker is, is dat die vis nie so maklik droog raak in n beslag en daar is niks aakliger as droe vis nie. en natuurlik is die vis heerlik as dit koud is
Posted on: Wed, 09 Oct 2013 08:31:49 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015