As jy moeg en moedeloos is, net mooi genoeg gehad het van al die - TopicsExpress



          

As jy moeg en moedeloos is, net mooi genoeg gehad het van al die nonsens om jou, raadop is of hand-in-die-hare sit oor jou situasie is hierdie boodskap vir jou: “Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie ... Hy gee vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie ... dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie” (Jes. 40:28-31). Kom uit die vinnige baan uit, stop ’n bietjie by Sy krag-stasie. Hy belowe om jou te verkwik en te verfris, om jou krag en deursettingsvermoë te gee vir daai moeilike situasie waarin jy is. Vertrou en wag op die Here en vlieg met arendsvlerke!
Posted on: Thu, 27 Jun 2013 09:25:50 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015