DADEL POEDING MET GEMMER STROOP Met dié lekker, stroperige - TopicsExpress



          

DADEL POEDING MET GEMMER STROOP Met dié lekker, stroperige poeding kan jy amper ’n hele rugbyspan voer. Dit vra vir dik vla bo-oor. Stroop 1,4 liter water 750 ml suiker 5ml fyn gemmer Beslag 200g botter 45 ml gouestroop 15 ml koeksoda 250 ml warm melk 250 ml gesnipperde dadels 750 ml koekmeel 2 ml fyn gemmer Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n diep oondskottel met ’n styfpassende deksel goed met botter. Verhit die bestanddele vir die stroop oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir sewe minute. Terwyl die stroop kook, maak die beslag: Smelt die botter en gouestroop saam. Verwyder van die hitte. Los die koeksoda in die melk op en voeg dit by die bottermengsel saam met die dadels. Laat staan vir vyf minute. Meng die koekmeel en gemmer in ’n bak en voeg die dadelmengsel by. Maak aan tot ’n stywe beslag. Giet die stroop in die oondskottel en skep lepelsvol van die beslag daarin. Maak dig toe en bak vir een uur tot gaar. Sit voor met roomys of vla. Lewer 14 porsies. Elmarie
Posted on: Fri, 12 Jul 2013 10:35:20 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015