DINSDAG 13 Augustus Elemente van eenheid: Ons sending en - TopicsExpress



          

DINSDAG 13 Augustus Elemente van eenheid: Ons sending en boodskap Die eenheid wat deur die Nuwe Testamentiese gelowiges ondervind was, was baie meer as emosionele warmte tussen lidmate. Lees Handelinge 1:8, 4:33, 5:42, 9:31 en 28:28-31. Wat was die alles-oorheersende passie van die Nuwe Testamentiese kerk? Hoe het hierdie passie hulle verenig? Die dissipels was opgeneem in iets wat baie groter as hulself was. Christus se opdrag om die evangelie na die ganse wêreld te neem het hul persoonlike ambisies ingeneem. Die kerk kan nie die gemeenskap met die evangelie bereik nie totdat dit verenig is nie, maar dit sal nooit verenig voordat dit nie met die prediking van die evangelie opgeneem is nie. Sending is ʼn groot faktor wat die kerk verenig. Die vroeë gelowiges het saamgestaan rondom sending. Die lewe, dood, opstanding, priesterlike bediening en die wederkoms van ons Here het hulle saamgebind. Nuwe bekeerlinge was geanker in die “dissipels se leerstellings” (Handelinge 2:41, 4). Die leerstellings van Jesus het die basis van hul eenheid gevorm. Die apostel Petrus gebruik die term “die waarheid wat by julle is” (1 Petrus 1:12). (Of soos in Engels: “present truth”.) Die boodskap van die “teenswoordige waarheid” in Petrus se dag het die kerk verenig en voort gedryf met ʼn profetiese vaart: Jesus Christus van Naseret was die vervullig van die Messiaanse profesieë van die Ou Testament. Hulle wat verenig met ʼn dringende, teenswoordige waarheid boodskap met betrekking tot die vervulling van profesie. Nou, in die laaste dae van die aarde se geskiedenis het God ook aan Sy mense ʼn dringende, teenswoordige waarheid-boodskap gegee Openbaring 14:6-12). Dit is die boodskap van “die ewige evangelie” in die konteks van oordeel, gehoorsaamheid en van die Here se wederkoms. Dit is wat die Sewendedag-Adventiste kerk verenig as ʼn wêreldwye familie. As hierdie boodskap afgewater word, ʼn tweede plek gegee word, of behandel word as ʼn aandenking van die verlede, sal daar geen eenheid in die kerk wees nie, en sy sending sal die dringendheid verloor. As die kerk se boodskap of verkeerd verstaan of verdraai word, sal sy sending onduidelik wees. Dit is die verkondiging van die profetiese boodskap van die drie engele wat vir Sewendedag-Adventiste die rede gee vir ons bestaan.
Posted on: Tue, 13 Aug 2013 07:10:31 +0000

© 2015