DINSDAG 15 Oktober Offerande op Moria Lees Genesis - TopicsExpress



          

DINSDAG 15 Oktober Offerande op Moria Lees Genesis 22:1-19. Wat het Abraham aangaande offerande geleer? Wat was die doel van God met hierdie ongelooflike uitdaging vir Abraham se geloof? Die patriarg se lewe met God was altyd gekenmerk deur goddelike beloftes: die belofte van grondgebied, van nasate, en van seëninge, die belofte van n seun; en die belofte dat God vir Ismael sal sorg. Abraham het geoffer, maar dit was altyd in die lig van een of ander belofte. Maar in die omstandighede wat in Genesis 22 beskryf word, het Abraham geen goddelike belofte ontvang nie; in plaas daarvan is aan hom beveel om sy lewende belofte sy seun te gaan offer. Deur God se bevel deur te voer, het Abraham getoon dat God belangriker vir hom was as enigiets anders. “Dit was om Abraham die evangelie te laat verstaan sowel as om sy geloof te beproef dat God hom beveel het om sy seun te offer. Die foltering wat hy gedurende daardie duister daevan sy vreeslike beproewing deurgemaak het, is toegelaat sodat hy uit sy eie ondervinding n floue begrip kon kry van hoeveel die oneindige Godmoes opoffer om die mensdom te red. Geen ander beproewing kan vir Abraham soveelsielsfoltering veroorsaak het as om sy seun te offer nie. God het Sy Seun aan n smartlike skanddood oorgegee.” –Ellen G, White, Patriarge en Profete, Ps. 154. Met betrekking tot die offer, het Abraham twee wesenlike beginsels verstaan. Eerstens, geeneen behalwe God Self kan die ware offer bring en die weg van verlossing baan nie. Dit is die Here wat sal, en moet, voorsien. Abraham verewig hierdie beginsel deur die plek “YHWH Jireh” te noem, wat beteken “Die Here Sal Voorsien”. Tweedens, die eintlike offer is vervanging n offer wat Isak se lewe red. Die ram word geoffer “in die plek van” Isak Gen. 22:13).Daardie dier, wat God voorsien het, is n voorafskaduwing / prefigurasie van die Lam van God, Jesus Christus, is op wie “die Here ons almal se sonde laat afkom het” (Jes. 53:6, 7; Hand 8:32). Wat n verbasende oorgawe aan God! Kan n mens jou indink hoe daardie ondervinding vir Abraham moes gewees het? Dink aan die laaste keer toe u moes uitreik in blote geloof, en iets doen wat u veel angs laat beleef het. Wat het u geleer aangaande u optrede, en hoe goed het die les by u bygebly?
Posted on: Tue, 15 Oct 2013 06:19:07 +0000

Trending Topics




© 2015