DIS toe nié tik nie – ou Dewald is eintlik op cocaine. Nou, - TopicsExpress



          

DIS toe nié tik nie – ou Dewald is eintlik op cocaine. Nou, mense, soos ek verstaan, is coke vreeslik duur en ’n halwe teelepel van die goed kos R300. Dis dié dat dwelmverslaafde wit mense so erg arm lyk, want kyk, as jy vir coke val, dan val jy baie hard. Dewald en Nadia is sommer sterk op pad straat toe. Vince en Xander is nou weer dik vrinne en Vince seg vir Xander “fly die job” in Somerse-Wes. Wie praat so? Ek ken eerlikwaar niemand soos hy nie. Altus is net so weird, want hy vertel vir Paula hy was soos ’n zombie toe sy weg was. Zombies jol nie met catering-slette nie, Altus. Jy moet jou storie reg vertel. Oefen jou gesigsuitdrukkings en gebruik daai moesie tot jou voordeel. Jy kan beter doen. Jerome die moffie het ’n satin gown en ek is nie eens surprised nie. ’n Volgroeide man met ’n satin gown is net nie reg nie en dít in die yskoue winter. Shame, hy moet vroeër opstaan en sy fringe reg GHD. Vanessa is op haar beurt bekommerd dat haar kind sonder ’n pa gaan grootword. Vanessa, . Daddy is heeltemal opsioneel. Niemand sal doodgaan oor Xander hulle nie kon wys hoe ’n mens ’n kantpaadjie kam nie. Met daai man as rolmodel kan jou kind se lewe net skeefloop. Jy’t ’n beter kans op sukses sónder daai man met sy lelike maniere. Kyk hoe skel hy arme Dewald oor hy nie kan skryf nie. Die meeste kinders vandag kan nie skryf nie. Pulani ken skaars haar alfabet, maar hy haal jare se racial issues uit op Dewald. Errol is nou skielik ’n contender vir die Argus-fietstoer en net oormôre dra daai glue-kop die geel trui. Wanneer het die kind leer fiets ry? Hét straatkinders fietse? Hy’t ’n hele cycling outfit met tights en alles. Bruin mans en tights werk net nie vir my nie. ’n Mens se hol moenie so vertoon word nie. Jy kan ’n trek kry dan poep jy sonder beheer. Wees gewaarsku, Errol. Nthabiseng se tette is ook deesdae baie op 7deLaan. Welkom, julle twee! Die mooi dinge in die lewe is nou maar eenkeer mooi. Herman verkoop messe aan swart mense en dan skrik die wit mense wanneer hulle ge-rob word. Marko vertel vir Emma sy moet Rick los sodat hy met haar kan oulik maak en Thinus kan grootmaak. Thinus, nie een van die mans is jou daddy nie. Hoe gaan jou slet-ma dié goed later aan jou verduidelik? Emma seg eers nee, maar toe maak sy haar bek oop vir Marko se tong. Jy lewe in ’n sirkel van sonde en net gebed kan jou nou help. Dewald koop toe dwelms van al Nadia se sakgeld. Die klein bliksem is ’n kommin skelm! Nadia, as jy dom genoeg is om ingetrek te word by die dwelms en diefstal, weet ek nie hoe jy matriek gaan slaag nie. Daai R5000 kon ’n jaar se kollege-opvoeding betaal het!
Posted on: Sun, 04 Aug 2013 21:56:14 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015