Dag 12 17 September 2014 It was time to leave paradise - TopicsExpress



          

Dag 12 17 September 2014 It was time to leave paradise and get on with what we do best – travel the continent. We departed from Blue Zebra lodge just after 7. On the main land it was good to be behind the wheel of the Amarok again. First we went to Senga, to the famous Livingstonia Hotel. The Hotel was built in the 1930’s. It is still very well maintained. It is just the tourists that are lacking. Very few are to be seen. Then it was the long drive up north, along the shores of Lake Malawi, all the way to Nkhata Bay where we arrived after dark. Arriving at Nkhata Bay and one immediately notice a change in attitude from the local. They all seemed to be intoxicated. At the camp fire William took out his guitar and entertained us with a few tunes. Dit was tyd om die groot bederf te verlaat en noord te reis. Net na sewe het ons vir Estelle gegroet, en Matt het ons met die rubber duck vasteland toe geneem. Dit was lekker om weer agter die stuur van die Amarok in te skuif. Ons eerste stop was Senga. Dis waar ons ʼn draai gaan maak het by die beroemde Livingstonia Hotel. Dis ʼn hotel wat in die 1930’s gebou is. Dis ʼn pragtige plek wat uitstekend in stand gehou word. Die personeel is vriendelik en bedagsaam. Al wat kort was die gaste. Tydens ons besoek was daar ʼn konferensie van UNICEF. As hulle nie by die hotel was nie, was net die personeel teenwoordig. Malawi se toerismebedryf het die afgelope 20 jaar baie swaar gekry. Vir eers, na Apartheid, het Suid Afrika oopgemaak. Talle Europeërs vlieg nou direk daarheen. Verder het die overlanders en backpackers in die verlede die roere van Kenia gevolg na Tanzanië, dan Malawi, dan Zimbabwe en Suid Afrika. Met die moeilikheid in Zimbabwe en die onsekerheid oor brandstof en ander voorraad het die roete geskuif. Nou loop dit van Tanzanië na Zambië, Botswana en Suid Afrika. Dis hartseer, want Malawi is net so mooi en bied dieselfde geleenthede as bv. Mauritius, teen ʼn fraksie van die koste. Ons het by die Livingstonia gebly tot middagete en toe die pad noord gevat. Die padtoestande was nie te sleg nie. So nou en dan bietjie nou en ‘n paar slaggate. Langs die pad, duisende mense. Hoekom is almal op straat? Mens moet konsentreer om nie ʼn man, ʼn vrou, ʼn kind, ʼn bok of ʼn hoender raak te ry nie. Dit het begin donker word. In Malawi sak die son saans voor ses. Na donker het ons aangekom by Nkhata Bay. Die plek het ʼn totaal ander atmosfeer as wat ons tot dusver in Malawi gesien het. Dis ʼn vakansie atmosfeer. Maar dis ook so ʼn bietjie van ʼn dronk atmosfeer. Ons het gaan kamp maak by Njaya. Dis so ʼn bietjie buite die dorp. Ook maar goed so. Andre het kapok aartappels gemaak. Nobert het vark tjoppies gebraai. William het sy kitaar uitgehaal en terwyl die kampvuurtjie knetter ʼn paar liedjies gesing. Dit was ʼn baie lekker aand. Ons praat weer. Mooi loop Johan Badenhorst Producer/Vervaardiger [email protected] voetspore.co.za
Posted on: Thu, 18 Sep 2014 08:36:03 +0000

© 2015