Die getuienis van of omtrent Jesus Skrif: Opb 19:1-10 Wat is die - TopicsExpress



          

Die getuienis van of omtrent Jesus Skrif: Opb 19:1-10 Wat is die getuienis van Jesus?” Sommige mense sal sê dat dit die Woord van God is, die dood en die opstanding van Jesus is, weergeboorte en daar sal hulle wees wat sal sê dit is die karakter van Jesus in jou. God sê egter dat die daardie dinge NIE die getuienis VAN Jesus is nie, maar wel die jou getuienis OMTRENT Jesus. Die getuienis van Jesus is, Jesus wat vir Homself spreek! Indien Jesus nie self spreek nie is daar geen getuienis nie maar slegs ‘n goeie storie. Vir Jesus om Sy getuienis self deur jou te bring moet God eers aan jou bekend wees en jy deur Jesus aangeraak word. Jesus het eers ‘n getuienis in jou wanneer God bekend is aan jou-, gesien word deur jou en geopenbaar word in jou- gedagtes, jou spraak en in jou handelinge. Die getuienis van Jesus is nie om oor Jesus te praat nie, maar om Sy heiligheid en opstanding te onderhou. Alle vals leringe en alle vernietigende doktrines en elke verwerping en ontkenning en nie-nakoming van enige gedeelte van die hele Skrif is ‘n aanval op die Persoon van Jesus om Sy tong uit te sny sodat Hy nie self kan praat nie. Enige iets wat nie 100% Skrif is nie is nie die Persoon van Jesus nie. Jy het die getuienis van Jeus wanneer die openbaring van die waarheid van Jesus in jou diepste wese het, jy nie vir jouself spreek en Jesus in Sy opstandingskrag in alle areas van jou lewe vir Homself praat. Dit is hoekom Jesus Sy eie liggaam, die kerk se grootste struikelblok geword omdat Hy vir Homself deur woorde en gesindhede en in aksie wil praat en die kerk wil net oor Hom praat. Jesus praat selde vir Homself in die meeste lewens omdat mense meer daaroor besorg of hulle die wêreld verlaat het eerder om besorg te wees oor hoeveel van die wêreld steeds by hulle teenwoordig is. Hou op wonder en hoop en bekommer of jy die wêreld verlaat het, en om te probeer om die regte dinge te doen en te sê, van die oomblik dat jy gered is het jy die wêreld verlaat en het God jou gesien as volledig en volmaak in Christus! Van toe af is dit die werk van die Heilige Gees om Christus Jesus se volmaaktheid in jou geloof in te plant deur jou gehoorsaamheid. Maar hoe? Jou beskouing en idees van God moet ‘n eenheid met die realiteit van God word. Jou kennis oor God en jou volledige en volmaakte herskepping in Christus moet bymekaarkom en die Heilige Gees deur jou laat praat. Die duiwel is daarop gerig om die Persoon van Jesus in jou aan te val want die Persoon van Jesus het hom al so baie verslaan en as hy jou net eenmaal kan verslaan kan hy Jesus dalk net een maal verslaan. In die Naam van Jesus kry hoop en krag! Die waarheid is dat Satan nie jou nie kan verslaan nie want terwyl Jesus vir Homself praat kan nie Jesus of jy verslaan word nie. Jy kom klaar by die aanval as oorwinnaar in Christus aan en jy sal een bly terwyl jy Jesus vir Homself laat praat! Moet net nie in ‘n gat inklim en bang wees en Jesus se tong uitsny nie! Laat Jesus net vir Homself van Sy oorwinning getuig terwyl Hy jou oorwinnend deur die aanval op Hom neem. Jou getuienis is dat Jesus gesterf het as jy en dat Hy opgestaan het as jy en dat Hy die sonde en die dood oorwin het as jy en dat Hy vir Homself praat met Sy heiligheid en krag en heerlikheid en outoriteit deur jou. Het jy die getuienis van Jesus?
Posted on: Mon, 09 Sep 2013 06:45:19 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015