Die waarheid...ongeag Dirk Taljaard Skriflesing Eksodus 20:16 Jy - TopicsExpress



          

Die waarheid...ongeag Dirk Taljaard Skriflesing Eksodus 20:16 Jy mag nie vals getuienis gee nie. In ’n ideale wêreld sal ons nooit hoef te wonder of iemand betroubaar is nie. Maar ons lewe in ’n stukkende en gebroke werklikheid wat op die oog af verder disintegreer. Hoe nou gemaak? Elkeen kan die verskil maak. Ons kan die ideale nastreef. En ons hoef klein te begin. In ons huise tussen ons eie mense. Daar waar dit soms die moeilikste is, maar waar die saadjies wat ons plant, begin ontkiem: • Jou kinders hoef nie te jok wanneer die foon of voordeurklokkie lui en jy nie lus is vir mense nie... • Wanneer jy belowe om iemand te bel, te besoek of vir hulle te bid, maak ʼn punt daarvan om dit na te kom... • Jou kinders kan aanspraak maak op jou aandag en tyd, en hulle weet instinktief dat ‘later’ eintlik beteken ‘nooit’. Bewys hulle verkeerd. • As jy sê dat jy jou maat liefhet, bewys dit met jou dade. • Wanneer gefaal of gefouteer het, erken dit ruiterlik en begin die skade herstel... Ons werkplekke kan die teelaarde word waar vertroue ingeboesem kan word: • Weet ons werknemers dat ons nie net op winste ingestel is nie, terwyl ons sê dat hulle ons grootste bate is? • Kan die publiek weet dat elkeen wat ’n eed van getrouheid afgelê het nie korrup, mags- en geldbehep geraak het nie? Wie kan ons glo? Hoe kan ons mekaar weer help glo en vertrou? • Bou op die Bybelse waardes. Dit kweek waarheid, integriteit en eerlikheid te alle koste. • Bou aan jou eie verhouding met die Here. Hy is die waarheid. • Kry ʼn mentor wat jou help monitor. Ons moet mos daar wees vir mekaar. • Ondersteun mekaar en spreek mekaar aan, wanneer nodig, al is dit hoe ongemaklik! Die Psalmdigter sê dit so mooi in die Afrikaanse Bybel vir Almal: Here, U doen wat U belowe het (Ps. 18:26). Hoe wonderlik sal dit wees as dit ook van ons gesê kan word as ouer, werkgewer, werknemer, politikus, landsburger..... Here, maak my betroubaar in wat ek sê en doen. Amen. VERS-n-DAG Argief - Kry van die vorige dagstukkies op ons webwerf, versndag.co.za. ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at [email protected] if you want to change your subscription to English. TERUGVOER: Stuur gerus kommentaar en voorstelle oor die dagstukkies na [email protected] BORGSKAPPE/ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus [email protected]. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie. ________________________________________ Vandag se borg Advertensie
Posted on: Wed, 28 Aug 2013 06:33:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015