Die wrywing tussen die “Shanghai Cooperation Organisation” - TopicsExpress



          

Die wrywing tussen die “Shanghai Cooperation Organisation” (SCO) en NATO is besig om baie meer duidelik te raak. Die laaste 10 dae het baie belangrike insidente plaasgevind en alhoewel alles op die oog af nog baie vriendelik is, is dit duidelik dat die twee magsblokke bietjie spiere gebult en vir mekaar bietjie tande gewys het. Die SCO is die ontluikende Eurasiëse magsblok wat besig is om baie vinnig n sterk strategiese posisie te bekom. SCO lede beheer 3 vyfdes van die totale Eurasië (30,189 miljoen vierkante kilometer) met n totale bevolking van 1.5 biljoen mense ongeveer n kwart van die wêreld se bevolking. Die SCO is gestig om sekuriteits aangeleenthede aan te spreek maar is vinnig besig om na ekonomiese en politieke samewerking uit te brei. Die lede van die SCO is Rusland, Sjina, Kazakhstan, Kyrgykistan, Tajikistan en Uzbekistan. Indië, Iran, Afganistan, Pakistan, en Mongolië het observeerder status en sal heel moontlik binnekort tot volledige lede aanvaar word. NATO het op 28 Oktober begin om die Europese missiel sambreel te installeer. Die missiel afweerstelsel word al vir baie jare beplan en het van die begin hewige reaksie vanaf Rusland ontlok. Addisioneel hiermee het NATO op Saterdag 2 November met operasie “Steadfast Jazz” begin. Dit is die grootste NATO militêre oefening in10 jaar en vind hoofsaaklik in voormalige Warsaw verdrag lande in Oos-Europa plaas. Turkye het Sondag 3 November vegvliegtuie “gescramble” om n Russiese IL-20 verkennings vliegtuig wat op die Turkse Swart see kuslyn opgedaag het te onderskep en te “vergesel”. Die Russiese vliegtuig het egter nooit Turkse lugruimte binnegedring nie, Turkye is n NATO land. In die laaste week van Oktober het n Sjinese militêre verkenning/elektroniese oorlogvoering skip binne die Amerikaanse eksklusiewe ekonomiese sone van Hawaii ontplooi. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat n Sjinese militêre skip in, of naby Amerikaanse territoriale gebied ontplooi word. Dit was egter nog nie genoeg nie, vir die eerste keer in amper 42 jaar het Sjina hulle vloot kern duikbote aan die wêreld getoon. Om die kersie op die koek te plaas het Sjina ook hulle duikbote se vooraf beplande kern aanvalsplan vir Amerika bekend gemaak. Rusland het op Woensdag 30 Oktober n ongeskeduleerde kits oefening van hulle missiele en teen missiel magte gehou. Daar is 4 interkontinentale kernmissiele afgevuur, twee vanaf land lanseerders en twee vanaf duikbote. Addisioneel is 4 kort afstand missiele en verskeie anti-missiel en vliegtuig missielstelsels afgevuur. Twee Russiese Tupolov Tu-160 Blacjack strategiese bomwerpers is ook op 28 Oktober in Venezuela vir n onbepaalde tydperk ontplooi. Die twee kern bomwerpers gaan verskeie patrollies in Suid Amerika vlieg. Daar is alreeds n patrollie in die Karibiese See gedoen. Die Karibiese See is letterlik kontinentale VSA se agterstoep. Kingston in Jamaica is baie sentraal geleë in die gebied en is slegs 960 km vanaf Miami in Florida. Die het alles in n tydperk van ongeveer 10 dae gebeur en is beslis nie toevallig nie. Die speletjie is nie so vreeslik vriendelik nie en baie duidelik wil Rusland en Sjina n boodskap aan NATO en spesifiek aan die VSA oordra. Suid Afrika het die laaste paar jaar sy alliansie binne die ontwikkelende magstryd baie duidelik aan die kant van die SCO geplaas. ALARM Span The tension between the Shanghai Cooperation Organisation” (SCO) and NATO is busy becoming much more visible. A number of very important events transpired the last ten days and although everything is still looking very amicable it is very clear that the two power blocks are flexing their muscles and showing one another some teeth. The SCO is a developing Eurasian power block that is fast attaining a strong strategic geopolitical position. SCO members control three fifths of Eurasia (3.189 million square kilometres) and has 1.5 billion or a quarter of the worlds population. The SCO was started to address mutual security concerns but has expanded to include economic and political cooperation. The SCO member states are Russia, China, Kazakhstan, Kyrgyzstan, Tajikistan en Uzbekistan. Observer states include India, Iran, Mongolia, Pakistan and Afghanistan. The observer states will probably become full members of the SCO in the next few years. On 28 October NATO started work on the installation of their European missile shield. This missile shield has been a contentious issue between Russia and NATO since its planing stage. Additional to this NATO started their biggest training exercise in 10 years called “Steadfast Jazz” on saturday 2 November. This exercise involves more than 6000 personnel an dis mostly held in former Warsaw Pact countries in Eastern Europe. On Sunday 3 September Turkey scrambled four fighter aircraft to intercept a Russian IL 20 reconnaissance plane on their Black Sea coastal border. The fighters escorted the Russian plane who never entered Turkish airspace, Turkey is a member of NATO. In the last week of October a Chinese electronic warfare and reconnaissance ship deployed of the Hawaiian cost within the USAs exclusive economic zone. This was the first time in history that a Chinese military vessel openly entered into or was close to American territorial waters. That was however not enough, for the first time in 42 years the Chinese displayed their nuclear submarines to the world. The cherry on the cake was the revealing of Chinas nuclear submarine fleets preplanned contingency nuclear strike plans for the continental US. On Wednesday 30 October Russia held unscheduled live fire snap exercises for their strategic missile forces. Four intercontinental ballistic nuclear missiles were launched (ICBM) two from land based launchers and two from submarines. Additionally 4 short range missiles and a number of anti aircraft and missile defence system missiles were also launched. Two Russian Tupolov Tu-160 Blacjack strategic bombers arrived for deployment in Venezuela on 28 October. The strategic bombers will be conducting a range of patrols in the Caribbean and South America for an unknown period. The Caribbean is literally on continental USs back porch and Kingston in Jamaica witch is very central to this area is a mere 960kms from Miami in Florida. This all happened within a space of 10 days and is not a coincidence. The game is not as friendly as what is being pretended and very obviously Russia and China is sending a clear message to NATO and specifically the US. South Africa has clearly stated their position in this emerging power struggle by aligning with the SCO. Team ALARM youtube/watch?v=L1g_N6WsrRk
Posted on: Wed, 06 Nov 2013 00:06:11 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015