Ek het jare terug The Great Gatsby (Fitzgerald se roman van 1925) - TopicsExpress



          

Ek het jare terug The Great Gatsby (Fitzgerald se roman van 1925) gelees en eergisteraand die DVD met Leonardo DiCaprio in die hoofrol saam met Gerrit gekyk. Gatsby moet seker een van die mees likeable karakters in klassieke letterkundge wees. Wat ‘n derdeeglike draakstekery met die American Dream, die Jazz Age, daardie aangeplakte, aanmekaargelapte jong aristokrasieë van die 1920’s. Tragies soos die einde is, bly die kurkdroë humor wonderlik. Ek het my verkneukel aan: “You make me feel uncivilized, Daisy… Can’t you talk about crops or something?” En wat n visuele fees! Hiers n lusmaker vir almal wat lus is vir n Vrydagaand van flair en springmielies by die huis: youtube/watch?v=ukgJDXbD89A
Posted on: Fri, 22 Nov 2013 10:05:49 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015