Ek het minder foute as die res...of het ek??? Ander mense het - TopicsExpress



          

Ek het minder foute as die res...of het ek??? Ander mense het altyd meer foute as ek. Ander se foute is karakterfoute, myne is slegte omstandighede. ander se foute is overgeeflik, myne is verskoonbaar, ek kan ander se foute vir lank teen hulle hou, Ek vergeet myne gou, Snaaks dat ek ander mense se foute soveel makliker raaksien as my eie, O ja, en sommer baie gouer ook!!!!Dit vat die Here dikwels langer om my te oortuig van my eie verkeerde persepsies as wat dit myself vat om hulle te skep....en te glo!!!! Hoe diep is vooroordele ni ingemessel in my eie hart nie.....hoeveel blindekolle is daar nie nog in my lewe nie...Ek is soos wat die spreekwoord se, siende blind en horende doof!!! Paulo Coelho skryf tereg: Its part of the human nature always to judge others very severely and when the wind turns against us always to find an excuse for our own misdeeds, or to blame someone else for our mistakes!!! Die Gees van die Here moet my diep oortuig van my blindheid en doofheid, daarom is my gebed vandag: Here wees my genadig, maak my oe wyd oop vir my eie veroordelende gesindheid , laat ek helder en duidelik hoor wat U deur U Gees vir my wil se oor hierdie blindkolle in my lewe, laat my asseblief gedurende hierdie week ander mense met oop arms in Jesus Naam aanvaar, maak my n lewende instrument van U vrede!! AMEN
Posted on: Tue, 09 Jul 2013 10:27:34 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015