Gee vir Koos n Pil Na aanleiding van my trippie Gauteng toe, het - TopicsExpress



          

Gee vir Koos n Pil Na aanleiding van my trippie Gauteng toe, het ek Woensdag gepos: Daar is nie asem nie. Borste is vir bras gemaak en nagte vir wakkerwees. Skote is geraas. Dae verdwyn in mynskagte en verlos die son om Kaap toe te kom. Nou is ek op pad Upington toe. Daar word borste nog aangewend vir die doel waarvoor dit geskep is en kinders sit op skote. Die nagte is ongelukkig steeds vir wakkerle. My sangoma het voorgestel ek drink Allergex toe sy van my dilemma verneem: Selfs in die vlaktes kry ek nie asem nie. Soos in Vredendal en omtes is dit wingerdwereld en die boere spuit gif vir die vale, die lug is droog en hierdie tyd van die jaar is daar n oorvloed stuifmeel in die besproeingstreke. Laas Sondagaand het Sandra Vaughn vir my een van die genoemde pilletjies in Pretoria gegee en die nag was toe nogal heel rustig. Vanoggend byt ek toe maar vas, aanvaar die goeie advies van Sangoma en ruk op na die naaste apteek wat in Clicks is. Daar is net een vroutjie voor my in die tou by die dispensary. Ek sit, ek staan, ek doen aerobiese oefeninge en oorweeg dit later selfs om my hande in my broeksakke warm te maak. Ek raak naderhand so benoud ek stap eers uit (Sangoma het aanvanklik gedink dis van stress dat ek vergeet om asem te haal, maar ek het ook van Andre Smit verneem dat mens Allergex vir honde gee wat stress, so ek is nog op koers). Vars lug oor die see. Ah, ek kry weer krag en gaan terug. Teen hierdie tyd is die jong gesonde vroutjie seker darem klaar met haar aankope. Wat wou! Nie net is sy nog druk besig soos n boer wat eenkeer elke ses maande kooperasie toe kom nie, maar erens het daar n tou mens agter gematerialiseer, uit die niet, soos swartmiertjies agter suiker aan, en dit onder my neus! Die nuwe situasie verg nuwe taktiek. Ek knoop n geselsie aan met die eerste mier. Ek verduidelik dat hierdie pille besigheid eintlik baie vreemd vir my is. Ek het nie geweet dat party mense in apteke uithang soos ander in skoenwinkels nie. Die feit dat dinge so stadig gebeur, is natuurlik n sameswering van die bemarkers van stressmedisyne. Ek daag byvoorbeeld heel rustig op (so vertel ek toe op die appelkis wat iemand nader gesleep het) om Dokter Marius Visagie se natuurlike Hulpmiddel vir Opelyf aan te skaf (na al die milkshake wat ek in Gauteng verorber het), maar teen ek by die toonbank kom, wil ek sommer n ampule binneaarse Valium he. Uit verskeie oorde word ek toe vermaan dat sulke dinge net onder streng voorskrif bekombaar is en het dit spontaan en hardop oorweeg om net daar n doktersafspraak te maak. Die vroutjie voor in die ry draai om en vra verskoning dat sy so lank vat. Ek se ja, dit lyk my jy ly aan erge ipekonders. Ek sien geen siektesimptomes nie en as jy op n perdeveiling was sou ek op jou kon bie sonder dat ek aan jou boud hoef te vat. (Die laaste het ek darem net gedink, die ipekonders ding het ek gese). Nee, verduidelik sy: Sy het n lang lys van ander se medisinale behoeftes. Sy bly in die Boland en hierdie tyd van die jaar is daar soveel van die wynboere se gifstowwe in die lug en baie stuifmeel. Sy kom koop vir n groot gesin en dan is daar nog haar ou babatjie ook. Ek se, ja, ek het kom Allergex koop. Die wagtende miere is skielik die Mormoonse Tabernakel Koor: Ons is almal daar vir dieselfde ding, blaker almal in harmonie! Dit was nie lank nie, toe deel almal boererate uit en Koos is die voorsanger. Toe my beurt kom, sluit hulle my boksie pilletjies in so n soort voelkoutjie met n handvatsel toe. Hiermee moet ek dan betaalpunt toe stap, waar die pille weer bevry sal word. Ek verstaan eers nie mooi nie en vra of hulle bang is die pille vlieg weg, ek het rerig nie sulke sterk goed nodig nie. Ek het nie gewag vir n antwoord toe ek die glaserige uitdrukking in die apteek-asistent se oe sien nie. Ek lei toe af wat die rede vir die piltronkie is: As iemand met ervaring van apteke wat rerig die medikasie nodig het daar inkom, sal hulle andersins die ou boksie pilletjies met geweld van my afvat en suksesvol noodtoestand en ontoerekeningsvatbaarheid as verwere kan aanvoer. Ek het selfs loer loer na my kar gestap. Wat is dit met die pille ding? Jammer net daar is nie pille vir eensaamheid in die wakkerlenagte nie. Of is daar?
Posted on: Sat, 02 Nov 2013 09:07:51 +0000

Trending Topics



v>

Recently Viewed Topics




© 2015