Goeie môre! Gister het ons geleer dat die see en die wind sidder - TopicsExpress



          

Goeie môre! Gister het ons geleer dat die see en die wind sidder as Jesus aankom. Ons het gesien hoe Jesus op ʼn dag die see getroef het. Vandag kyk ons in Mat 14:22-23 na nog een van Jesus se wonders op die see nl. JESUS LOOP OP DIE SEE. Kom ons lees saam. “Mat 14:22 En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. Mat 14:23 En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen. Mat 14:24 En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle. Mat 14:25 Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see. Mat 14:26 En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees. Mat 14:27 Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie. Mat 14:28 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom. Mat 14:29 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. Mat 14:30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my! Mat 14:31 En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel? Mat 14:32 Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê. Mat 14:33 Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God! Sien kommentaar asb.! Dankie! (Esther, Johanna Coetzee)
Posted on: Sun, 29 Sep 2013 07:33:34 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015