Goggas!!!! Dit maak nie saak of hul kruip, vlieg, rol of met - TopicsExpress



          

Goggas!!!! Dit maak nie saak of hul kruip, vlieg, rol of met moeite aansukkel nie, ek hou niks van hulle nie. Hulle weet net wanneer om my te irriteer wanneer ek dit die minste nodig het. Hulle is slim klein wettertjies wat seker maak dat jy van hulle kennis neem deur heeltemal unannounced met arrogansie hulle opwagting maak. Eks gisteraand deur n muskiet gebyt. My DOOM matjie is in maar een onigeligte muskiet het in my kamer beland. Weet die ding dan nie as my matjie aan is hy veronderstel is om saam die ander intelligentes van sy soort weg te kruip nie?en wat besluit dit om te doen? Soos n torpedo op my hand af te peil en dit aan te val soos n besetene. Ek het dit natuurlik eers agter gekom toe ek die rooi, jeuk op my hand voel en sien! Ek weet nie waar daardie muskiet nou is nie maar ek hoop dat hy n slegte spysvertering het. Vanmore is ek besig om vir myself koffie te maak. Die volgende oomblik vlieg n wit stuk afval voor my neus verby. Dis n vet afskuwelike mot! Hulle eet mos klere, banke, gordyne en boeke. Ek het dadelik na die insect repellent gegryp en met die passie soos n cowboy in n Clint Eastwood-movie op die ding losgebrand! Soos n oorgewig ballerina het die mot sy laaste draaie in die lug gegooi en soos een of ander tragiese figuur in Opera op die vloer neer gedonder. Verlig het ek voortgegaan met die koffie. Net toe ek die melk ingooi kom sweef die eens dooie mot aspris voor my verby. Toe besef ek die ding is nie dood nie. Dit was vir n rukkie net n bietjie dronk en soos onkruid, vergaan motte nie! n Klompie dae terug gaan le ek buite op die gras om die pragtige natuurskoon te geniet. Ek le op my een hand met die ander een langs my uitgestrek half in die blomme in die tuin. Ewe skielik voel ek dit. Dit brand erger as die ergste Vit B inspuiting. Warm gloede het in my nek opgekruip, ek was naar(kwaad) en soos die mot vanmore wou ek met passie sorg dat die voor-op-die wa by wat gedink het ek so oulik is om gesteek te word, kennis met die grond maak, maar toe ek sien hyt van sy vriende saamgebring het ek geweet eks outnumbered en liefs maar surrender en in die huis gegaan. Ek haat goggas!!
Posted on: Tue, 15 Oct 2013 04:45:44 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015