HEROORWEEG DIT EERS Lees Matteus 7: 1 – 6 “Waarom sien jy - TopicsExpress



          

HEROORWEEG DIT EERS Lees Matteus 7: 1 – 6 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?” (3) Die gewilde skrywer en prediker, F. W. Bore­ham, het eenkeer sy geduld verloor oor die kritie­se en snedige dinge wat ’n mnr. Critingden kwytge­raak en selfs in die pers oor hom geskryf het. Na nog ‘n neerhalende kritiek teen hom in die jongste koerant, het Boreham gaan sit en woe­dend aan Critingden ’n skerp brief ge­skryf. Hy het die koevert toegeplak, ‘n seël op­ge­sit en by die deur uitgestap om die brief in die pos­bus te gaan gooi. Dit was ’n lieflike aand vir stap en Boreham het by die posbus verby gestap sonder om die brief te pos, met die gedagte dat hy met die terugstap die brief sal pos. ’n Blok verder loop hy ’n vriend raak wat vir hom sê: ”Arme ou Cri­tingden is toe dood.” Boreham vra geskok: “Reg­tig? Waaraan is hy dood?” “Hy is skielik dood – vroeg vanmiddag. Jy weet, ek dink dit is vir die beste. Hy het dit moeilik gehad. Maar jy weet seker van al sy dinge.” “Nee,” antwoord die steeds ge­skok­te Boreham,” ek weet omtrent niks van hom af nie.” “O, ek het ge­dink almal weet. Hy het net twee kinders gehad, ’n seun en ’n dogter. Kort na sy vrou se dood is die seun in ’n ongeluk dood. Die dogter het haar ver­stand kwyt geraak en is nou in ’n gestig. Arme ou Critingden. Dit het hom totaal verbitter en hy het om­trent almal se vyand ge­word.” Boreham is te­rug na sy huis toe sonder om die brief te pos. Hy was in homself be­­skaamd en diep vernederd oor sy eie kleinlikheid. Hy het die brief in klein stukkies opgeskeur en hulle een vir een in die kag­gelvuur gegooi. Toe het hy daar voor die kag­gel gekniel, sy lelike gesindheid en swak­heid bely en gebid dat hy die gena­de mag hê om voortaan moeilike mense met liefde en vriende­likheid te behandel, soos hy graag wil hê mense met hom moet doen. Ons menslike natuur is vinnig om nyd met nyd te beantwoord. Tensy ons in ons geestelike lewe so groei deur die Heilige Gees se werk in ons, dat Christus se lewe en ge­sind­heid in ons die oorhand kry, sal ons gedurig ru­sie met rusie antwoord. “Laat julle steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor be­geer­tes van julle sondige natuur nie…vyandskap, haat, na­ywer, woede, rusies…Die vrug van die Gees daarteenoor is, liefde, vreugde, vrede, geduld, vrien­delikheid, goedhartigheid…” (Gal.5:16,19,22). “Here, vandag bid ek dat die Heilige Gees my versterk.”
Posted on: Fri, 04 Oct 2013 03:48:50 +0000

Trending Topics



kine-Womens-Heli-Pro-18L-Plumberry-Bags-And-Luggage-Check-topic-548208298600423">Dakine Womens Heli Pro 18L Plumberry Bags And Luggage Check
Isaías 4 - 1. E SETE mulheres naquele dia lançarão mão de um

Recently Viewed Topics




© 2015