Heb. 13:5 “Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: - TopicsExpress



          

Heb. 13:5 “Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie”. Iemand vertel onlangs dat hy in ’n parkeer area sy motor parkeer het en merk toe ’n ander geparkeerde voertuig met ’n plakker met die woorde: “Almost content”. (byna tevrede of byna vergenoeg). Ek het gewonder, toe ek dit lees, of dit moontlik is om “amper vergenoeg” te wees. Die skrywer van die artikel vertel dat die betrokke voertuig teen ’n onverskillige spoed uit die parkeerarea gery het; alles het gedui op onvergenoegdheid. Ek dink nie daar bestaan iets soos “Byna vergenoeg” nie – jy is vergenoeg of jy is nie vergenoeg nie. Die skrywer van die betrokke berig sê dit so raak: “Toegegee vergenoegdheid is ’n dun naald om ’n garedraad deur te trek”. Ons leef in ’n wêreld wat mense inspireer om meer en nog meer te wil hê. Soms voel dit asof jyself nooit die punt van vergenoegdheid bereik nie. Lees verder op ons webblad: egkerkptaoos.co.za/index.php/dagstukkie
Posted on: Wed, 25 Sep 2013 05:33:25 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015