Here dankie vir Seen vir hierdie Pragtige Engel Kind van my die - TopicsExpress



          

Here dankie vir Seen vir hierdie Pragtige Engel Kind van my die naweek wat voorle My Liewe Heer.Ek Spring-Clean my Hart vir Jesus~ Ek neem my besem en vee my gedagtes skoon die stoffer om gister se stof van my hart af te stof die skropborsel om my woorde te skrop so poleer ek alles tot dit mooi blink is en spuit sommer Lugverfrisser vir ‘n skoon reukie ek het immers gespring-clean, my hart is silwer skoon. Nou kan ek my lewe van vooraf begin. Voor ek jou in my hart toelaat, moet jy eers jou voete afvee jy mag aan niks raak voor jy nie eers jou hande gewas het nie het jy jóú woorde geskrop? is jou gedagtes skoon? Maar hier kom Jesus en stuur ‘n vuil ou kaalvoet kindjie na my hart en ek bokspring, want ek het klaar ge spring-clean MAAR Jesus skud Sy kop: “ NEE My Kind, JY Het Half Skoon Gemaak” ek sak my kop in skaamte, waar het ek ‘n spot gemis? Ek neem weer my besem, my skropborsel, my verestoffer en kyk na my hart, maar alles blink, ek vind geen stof. “Jesus” fluister ek “wys my asb. waar le nog stof?” en HY sê vir MY: “As Jy Aan My Deur Klop vra EK NIE vir JOU of jou Hande Skoon Is Nie, en Of Jy Skoene Aan Het Nie. EK aanvaar JOU soos JY is, want EK sal JOU self reinig.” In skaamte bêre ek my besem, my skropborsel en my verestoffer en nooi die vuil kaalvoet kindjie na binne ek besef dat almal welkom is by Jesus! Wie is ek nou om my hart se deur te wil sluit dis dan juis hierdie deur wat vir almal moet oopstaan....Kom Ons Nooi Almal In Ons Hartjies In Vandag En Hou Ons Arms Wyd Oop Om Drukkies Uit Te Deel Vir Die Wat Dit So Nodig Het Vandag..Liefies Jou Baie My Kind
Posted on: Fri, 27 Sep 2013 16:36:14 +0000

© 2015