Here, gee my asseblief geloof soos Sara sodat ek seker kan wees - TopicsExpress



          

Here, gee my asseblief geloof soos Sara sodat ek seker kan wees van die dinge waarop ek hoop. Gee my trane van hoop soos Hanna. Ek vra ook vir Ragab se waagmoed, sodat reg sal geskied. Mag Debore se leierskap my help om die regte keuses te maak. Ek vra ook klein bietjie van Delila se hart, sodat ek die duiwel sal kan uitvang. Here, help dat ek soos Naomi, nooit sal opgee nie. Mag ek soos Orpa en Rut, die mense wat ek liefhet, nooit in die steek laat nie. Help asseblief dat ek soos Esra sal sorg dat “menslike tempels” herbou sal word. Jesus, ek vra vir Koningin Ester se skoonheid – maar laat dit asseblief van binne-in my uitstraal. Laat die “Vrou van Spreuke 30” my naambordjie dra, en gee my asseblief krag om soos die meisie van Hooglied my man te bemin en eer. Help dat ek sal klou aan die ewige lewe soos Jaïrus se dogter. Gee my ook asseblief die vyf verstandige meisies se wysheid om ekstra olie vir my lampie te vat, sodat ek altyd vir U skyn. En die selfde wysheid om soos die arm vrou, alles wat ek besit, vir U te gee. Laat my leer uit Eva se foute asseblief Liewe Heer, sodat ek die regte lewensbesluite sal maak. Spreek deur my die goeie nuus van U wat lewe, soos deur Maria Magdalena en ander Maria. Here, en dan die vrou van alle vroue… U mamma… Maria… Maak my asseblief bereid, net soos sy, om my hele lewe en alles wat ek oneindig liefhet, vir U op te offer, want U is my gunsteling en ek wil ‘n vrou so na U hart wees! AMEN!({})
Posted on: Tue, 25 Jun 2013 11:51:25 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015