IS DIE NAAM VAN DIE DRIE TITELS, VADER, SEUN, HEILIGE GEES, JESUS - TopicsExpress



          

IS DIE NAAM VAN DIE DRIE TITELS, VADER, SEUN, HEILIGE GEES, JESUS . Die drie eenheid sê nee , daar is drie persone in die Godheid en een van die drie is die Seun en Sy Naam is Jesus Ek stem saam dat die Seun se Naam Jesus is. Maar is die Vader en Heilige Gees se Naam Jesus. Wat leer die Bybel ons. Daar is net een God wie Gees is wie Homself (in) Christus openbaar. Jesus sê glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie. En dat die Vader wat (in) My Bly Hy doen die werke John 14 6 tot 10. John 17 v 26 En Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak sodat die liefde waarmee U my liefgehad het in hulle kan wees EN EK IN HULLE. Hier sê Jesus dat Hy die Vader se Naam bekend gemaak het en dat Hy in ons is. John 14 v 18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; maar Ek kom weer na julle toe. Vere 20. In die dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My EN EK IN JULLE. EFE 4 v 6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal EN IN ALMAL IS. Hier sê die vers dat God die Vader om en (in) ons is. So Jesus is in ons en die Vader is in ons as Een Gees. Joël 2 v 28. En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees ens. M.a.w die Gees van God is die Vader self wie in ons is. Maar hoe bepaal ons dat die Naam van die Vader, Seun en Heilige Jesus is ? John 14 v 23. Jesus antwoord hom en sê vir hom: as iemand My liefhet sal Hy my woord bewaar, en die Vader sal hom liefhê, en (ONS) sal na hom kom en by hom wooning maak. Hier sê Jesus dat Hy en die Vader in ons woon, as 1 Kor 12 v 13 sê ons is almal deur EEN GEES GEDOOP. Dan bewys die mos dat die Vader en die Seun net EEN GEES IN ONS IS wie genoem word die Heilige Gees. So as die Vader en die Seun net EEN GEES IS, IS DIE DRIE EENHEID MOS VERKEERD. Want hulle sê die Vader of die Seun is nie die Heilige Gees nie So die Vader en die Seun woon in die gelowige en die Bybel noem die EEN GEES WIE IN ONS WOON JESUS. 2 Kor 13 v 5 Ondersoek julself of julle in die geloof is: stel julself op die proef of is julle nie seker van juself dat Jesus Christus in julle is nie Dit is dus duidelik dat die Naam van die Vader, Seun, Heilge Gees Jesus is. Voor die vleeswording was die Gees van Jesus, God die Vader wie die Heilige Gees is, Hy is nie n tweede God nie Dit is hoekom die disippels gedoop het in die Naam van Jesus Hand 2 v 38 En Petrus sê vir hulle bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Geagte leser die leerstel van die drie eenheid is onbybels. Seënwense
Posted on: Fri, 22 Nov 2013 09:36:27 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015