KERRIEVIS •275 ml asyn – meer of minder na gelang van die - TopicsExpress



          

KERRIEVIS •275 ml asyn – meer of minder na gelang van die sterkte wat u gebruik. •30 ml appelkooskonfyt •125 ml water •10 ml sout •25 ml kerriepoeier – matig sterk •2 – 5 ml peper •50 ml suiker •100 g sultanas •25 g margarien of botter •10ml borrie •4 Lourier of suurlemoenblare. •2 Kg stokvis •6 Groot uie 2 Kg stokvis in mote gesny en met sout en peper besprinkel. Bak gaar in vlak warm olie. 6 Groot uie in ringe gesny en in bietjie olie en margarien gebraai tot gaar. (Maar nie bruin nie.) Pak gaar vis wat in netjies porsies gebreek is en grate verwyder is, in ‘n erde of glashouer in lae om die beurt met gesmoorde uie. KERRIESOUS: Berei voor in dieselfde pan waarin die uie gesmoor is. Smelt margarien oor lae hitte, braai droë bestandele effens daarin, roer appelkoskonfyt by, voeg lourierblare en sultanas by en dan die asyn en water. Bring stadig tot kookpunt, kook ongeveer 10 minute en gooi oor voorbereide vis. N.S. Proe gerus eers of die sous nog ‘n bietjie asy, sout of suiker benodig. Die sous mag effens verdik word met ± 12 ½ ml meelblom wat saam met die droë bestandele gemeng is, maar dit is nie aan te beveel as u die vis vir ‘n redelike lang tyd wil bewaar nie. Hierdie vis word, nadat dit afgekoel het, bedek en in yskas geplaas. Gereed na sowat 3 dae. Elmarie
Posted on: Tue, 08 Oct 2013 08:07:59 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015