Kiwiland geruk deur twee sterk skuddings Beeld Maandag 22 Julie - TopicsExpress



          

Kiwiland geruk deur twee sterk skuddings Beeld Maandag 22 Julie 2013 Wellington. – ’n Kragtige aardbewing wat 6,9 op die Richterskaal geregistreer het, het Nieu-Seeland gisteroggend geskud. Dié aardbewing is minute later gevolg deur een wat 5,5 op die Richterskaal geregistreer het. Niemand is beseer nie. Daar is ook geen tsoenami-waarskuwing uitgereik nie. Dié aardbeweging was sowat 200 km van Christchurch, op een na Nieu-Seeland se grootste stad, waar enorme skade in Februarie 2011 aangerig is deur ’n aardbewing wat 6,3 op die Richterskaal geregistreer het. Altesame 185 mense is dood. – Sapa-AFP
Posted on: Mon, 22 Jul 2013 03:22:37 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015