Kom ons maak ook n verskil soos die klein seuntjie: Lees - TopicsExpress



          

Kom ons maak ook n verskil soos die klein seuntjie: Lees asseblief: Die dominee en sy 11jarige seun het die gewoonte gehad om Sondagmiddag na kerk in die dorp in te vaar en traktaatjies uit te deel met n evangelieboodskap op. Een Sondag kom die seun by Pa aan, toegewikkel in sy warmste klere: "Ek is reg Pa"! Die Dominee is effens uit die veld geslaan. Dit is bitter koud en dit reen emmersvol. "Nee seun ons kan nie vandag gaan nie , nie in die eendeweer nie" Die seun is baie teleurgestel en vra " maar pa gaan die mense nie Hel toe as dit reen nie? "Kyk Seun ek gaan beslis nie in die weer uit nie" "Maar mag ek dan gaan pa?" Asseblief Pappie. Die dominee gee toe vir die seuntjie n pak traktaatjies om uit te deel en opgewonde vaar die seuntjie die strate in. Daar was byna gn siel op straat nie, dus loop hy van deur na deur en deel uit. Na 2 ure se harde werk het hy nog net een traktaatjie oor. Sopnat stap hy na die naaste huis en lui die klokkie niemand maak oop nie. Hy hou aan lui, net toe hy wil omdraai hoor hy n stem se vir hom om terug te gaan. Hy draai om en lui weer, later hammer hy met sy vuisie op die deur net toe hy moed wil opgee maak n ou tannie die deur oop. Hy se toe ek is jammer om tannie te pla ek wou net se Jesus is lief vir tannie. Hy vertel haar toe alles omtrent Jesus se groot Liefde en hardloop weg. Die volgende Sondag staan dominee op die preekstoel sy oé gaan oor sy gemeente. Hy vra toe of iemand getuienis het om te lewer voor die diens. Heel agter staan n ou dame op. Haar gesig stralend. " Niemand ken my in die kerk nie vertel sy toe, want sien voor verlede sondag was ek nie n Christen nie ek was nog nooit in n kerk nie. Sy begin toe haar verhaal vertel my man is n paar jaar gelede dood en los my stoksiel alleen op die droewige aarde. Verlede sondag het ek net gevoel daars niks meer vir my oor nie, ekt n stuk tou gevat en n stoel en ek is solder toe. Ekt die tou om die balk vasgemaak en op die stoel gestaan, net toe ek wou spring lui my deur klokkie. Ekt doodstil gestaan want niemand kom ooit vir my kuier nie, die gelui het net harder geword en later het iemand met vuiste teen my deur gekap. Ek het toe maar gaan kyk. Ek kon nie my oe glo toe ek die seuntjie sien nie. Sy gesiggie stralend soos n engel en toe hy met my begin praat, was dit soos n engel wat my vertel, tannie ekt net vir tannie kom sê Jesus is lief vir tannie rerig lief. My hart het geklop en toe gee hy my die traktaatjie wat ek nou vashou, toe hy weg is het ek dit oor en oor gelees en elke woord ingedrink. Ekt die tou afgehaal want dit was nie meer nodig nie sien eks nou n Kind van die Koning. Julle adres was op en ekt net vandag kom dankie se vir die engeltjie wat my lewe gered het van ewige verderf en hel. Daar was naderhand nie een enkele persoon wat nie trane afgevee het nie. Dominee het van die preekstoel afgeklim en sy engeltjie styf teen sy bors vasgedruk.
Posted on: Tue, 16 Jul 2013 04:28:35 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015