Lekker by die huis vir die naweek. Pottebakkersoond is aan , die - TopicsExpress



          

Lekker by die huis vir die naweek. Pottebakkersoond is aan , die water loop en ek loer vinnig op fb rond. Ek het nogal baie gemis, want my ou skootrekenaartjie kom nie die mas op nie - ek kan geen epos ontvang nie. Darem net tydelik. As ek eers reg nesgeskop het, sal ek weer alles regkry. Nou is dit eers net lekker in my eie bed en by my eie huis. Ons winkel - Bargain Books in die nuwe Mall op Upington is reg, gerak en ons wag net vir telkom en die boeke, dan kan ons oopmaak. Die res van die Mall is nog die ene bedrywigheid, maar die bouers is seker dit sal teen die einde van Sept. reg wees om oop te maak - op skedule!
Posted on: Sat, 07 Sep 2013 09:54:45 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015