Lentekonsert – 12 Oktober 2013 Potchefstroom kan solank begin - TopicsExpress



          

Lentekonsert – 12 Oktober 2013 Potchefstroom kan solank begin uitsien na ‘n wonderlike konsert om die einde van die winter en die begin van die lente te vier! Suzette Wilkens Produksies bied op 12 Oktober 2013 ‘n Lente Konsert aan waarvan die opwinding en verskeidenheid gaan herinner aan ‘n ware lentetuin. Suzette Wilkens (oud-musiekonderwyseres van Volkskool) is bekend onder Potchefstromers as die persoon wat die afgelope 18 jaar Hoër Volkskool Potchefstroom se “musicals” op die planke gebring het. Hierdie “musicals” was sedert 1995 ‘n hoogtepunt op die musikale kalender van Potchefstroom. Sy was ook die regisseur van die Gala Konsert wat deur die Oud-Volkiebond aangebied was om die 90ste bestaansjaar van die Hoër Volkskool Potchefstroom te gedenk. Suzette was die mede-stigter van die musiekgroep Musikarte wat in 2011 by Aardklop opgetree as deel van die hooffees. Aan die einde van 2012 het sy opgehou skoolhou en gee nou privaat sangles. Musiek is Suzette se passie en om musiekproduksies op die planke te bring is haar sielskos. Sy deel hierdie passie met haar sangstudente waarvan sommiges stemme is wat sy oor die jare deur middel van die “musicals” ontdek en ontwikkel het tot volwaardige kunstenaars. Tesame het hulle besluit om hierdie passie uit te leef en is die idee vir die Lente Konsert gebore. Hierdie is ‘n volwaardige produksie (soos te wagte kan wees van ‘n Suzette Wilkens Produksie) wat in die Sanlam Ouditorium op die Puk-kampus opgevoer gaan word. Die gehoor kan ‘n verskeidenheid musiek te wagte wees wat insluit treffers soos Namakwaland en die Seewind bring Heimwee, What a wonderful world, Phantom of the Opera, Halleluja, Hello, All for One, Memory, Don’t Cry for me Argentina, Do you hear the people sing en One more day uit Les Miserable. Daar is nog vele ander verrassings wat beloof om die gehoor op hulle voete te he! Die Barok-komponis JS Bach het gese dat “musiek is al van hierdie aarde wat ons in die hemel sal terugvind”. Indien Potchefstroom ‘n stukkie van die hemel wil smaak, sal dit wys wees om hierdie musikale geleentheid aan te teken in hulle kalenders!
Posted on: Mon, 02 Sep 2013 09:22:42 +0000

Trending Topics



"stbody" style="min-height:30px;">
Matthieu 24 : 13 « Mais celui qui persévérera jusqu’à
Ive witnessed regular news of marriage and baby births via social
man im bothered by laws they take away self defense these days if

Recently Viewed Topics




© 2015