Liefde is ‘n glimlag wanneer jy die pyn in ‘n ander se oë - TopicsExpress



          

Liefde is ‘n glimlag wanneer jy die pyn in ‘n ander se oë sien ♥Liefde is om deur dade en vertroue mekaar te dien ♥Liefde is om soms stil te bly al wil jy baie sê ♥Liefde is om soms reguit te sê wat jou hart wil hê ♥Liefde is om blindelings langs mekaar te loop ♥Liefde is om mekaar op te hef deur te hoop ♥Liefde is om ‘n handruk te gee wanneer woorde in jou mond stol ♥Liefde is om aan mekaar aandag te gee al lyk die program vol Liefde is om verstaan dat alles nie net om jou gaan nie ♥Liefde is om te weet dat jy nie altyd al die antwoorde het nie ♥Liefde is om jou vertoue op God te plaas ♥Liefde is om jou na werk na jou geliefde te haas ♥Liefde is om stil te word in jouself ♥Liefde is om soms dieper te delf ♥Liefde is om jou drome te mag deel ♥Liefde is om gelukkig met mekaar te speel ♥Liefde is om gelukkig te wees met wat jy het ♥Liefde is om op elkeen se goeie punte te let
Posted on: Thu, 25 Jul 2013 16:02:59 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015