Liewe Ouers RENOSTER BEKAMPING New Holland samel geld in om - TopicsExpress



          

Liewe Ouers RENOSTER BEKAMPING New Holland samel geld in om Renoster stropery te help bekamp. Hulle reis van Johannesburg tot in Kaapstad en sal die 19de Augustus 2013 in Bultfontein wees. Daar is ‘n inkleur kompetisie wat aangebied word. Die koste is R20 per inskrywing. Dit is NIE verpligtend NIE. Daar sal op die dag pryse aan die wenners oorhandig word. Daar is een prys vir ‘n seun en een vir ‘n dogter. Op die dag sal daar ook ‘n replika van ‘n renosterkoei en ‘n renosterkalf wees. Kleuters gaan die geleentheid kry om dit van naby te beskou. Die aand word afgesluit met ‘n ete. Tafels is beskikbaar teen R2 000.00 per tafel. Vir meer inligting rakende dit, kontak vir Andre Olivier by 051- 853 1741. TOEGANG U moet asseblief daarop let dat die deur tussen die kleuterskool en die Hoërskool SLEGS vir bus kinders is. ( Dit is die deur by Juf. Annatjie se klas.) Geen dorpskinders mag van daardie deur gebruik maak nie hetsy of ‘n ouer saam met sy kleuter is of nie. Dit geld vir ALLE dorpskinders en dit geld vir beide die oggende en middae. GEELBOEKIE In nuusbrief no. 12 het ons vir u genoem dat die Geelboekie elke week huistoe sal gaan met ‘n kort opsommimg van wat ons in daardie bepaalde week met u kleuter behandel. Ongelukkig kry ons nie almal se geelboekies terug nie en het daarom besluit om hierdie “opsomming” vanaf volgende week af aan die nuusbrief vas te heg. Dit is selgs vir u kennisname, u MOET ASSEBLIEF NIE ALLES IN EEN WEEK VIR U KLEUTER BY DIE HUIS GAAN LEER NIE. Van die aktiwiteite oorvleuel mekaar oor 2 tot 3 weke. Dit geld NIE vir die Graad R’e NIE. Die Graad R ouers moet asseblief soveel as moontlik aandag aan u kleuter gee en help sover as wat u kan. Die van u wat nog Geelboekies by die huis het moet dit ASSEBLIEF so gou as moontlik terugestuur word skool toe. FUNKSIE – Dans 6 September 2013 Kaartjies vir die dans wat op 6 September 2013 plaasvind is beskikbaar. U kan die kantoor kontak. Ons doen weereens ‘n beroep op u om ons skool te ondersteun en die aand saam met ons te kom geniet. Die hele gemeenskap is welkom om die funksie by te woon. Nooi asseblief u vriende om dit ook by te woon. Die laaste dag vir kaartjie verkope is 20 Augustus 2013. Die dans vind by die KOSHUISSAAL plaas. BENODIG Ons benodig gordyndraad en ou kant of net gordyne. Indien daar iemand is wat dit vir die skool kan skenk sal ons dit baie waardeer. Ons benodig ook baie ogies/jakkals draad om die tonnels toe te maak. Juffrou Annatjie vra vir ou handsakke vir haar dogtertjies om mee te speel. Ons benodig nogsteeds die hulp van Pappas om vir ons ‘n heuwel te maak. GRAAD R SKOOLGEREEDHEIDS TOETSE Graad R ouers wat belangstel kan hulle name by Juffrou Esther opgee. Die toetse word gedurende Augustus gedoen. Dit sal plaasvind op 17 Augustus 2013 om 09:00 tot 12:00 by die kleuterskool. BASAAR Op Vrydag 23 Augustus 2013 vind die Gereformeerde Kerk se jaarlikse basaar plaas. ‘n Bus sal die kleuters by die skool kom oplaai en weer terug bring. Merk asseblief die datum en stuur ‘n geldjie saam met u kleuter. GESAMENTLIKE DIENSAKSIE VERGADERING Waar en Wanneer : Op Woensdag 14 Augustus om 10:00 by die aftree oord se saal. Sprekers : Ria Malan – Senior Maatskaplike werker(Christen waardes, Christen moeder en lewenswaardes) : Charmain Swart – Krisis sentrum of Hope (Aborsies en realiteit van aborsie) Kollekte : Susanna Coetzee tehuis (Borspeltjies teen R20.00)
Posted on: Tue, 13 Aug 2013 07:54:45 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015