Mensies Met Goue Hartjies Die Liefde…✽ Die verhaal gaan oor - TopicsExpress



          

Mensies Met Goue Hartjies Die Liefde…✽ Die verhaal gaan oor ‘n dogtertjie wat later ‘n volwasse dame geword het. Sy het nooit geweet waaroor liefde regtig gaan nie… Haar ouers het haar van kleins af geleer dat sy liefde moet deel. Sy moet lief wees vir haar ouers, haar sussie en boetie, haar maatjies en almal rondom haar. Sy kon nooit... regtig verstaan wat liefde is nie, sy het alles met ‘n soentjie en drukkie probeer reg maak wanneer sy verbrou het. Sy het gedink solank sy soentjies en drukkies deel, sy wel liefde deel. Min het sy geweet dat sy in baie tekort kom. Jare het verby gegaan en steeds het sy gedink sy is op die regte pad, tot sy eendag droom verlore in ‘n park sit met ‘n gebreekte hartjie. Sy het gewonder waar sy so verkeerd gedoen het? Sy het altyd liefde gedeel, wat het sy dan gemis in al die jare dat sy nie liefde terug gekry het nie maar net ‘n gebreekte hart? ‘n ou boemelaars vroutjie het ‘n entjie van haar gesit, sy het die jong dame aan gestaar met glinsterende oë, oë wat sag en vol liefde is, wat wys diep binne verstaan sy wat die probleem is en sy het geweet daar is baie vrae. Die ou vroutjie het die gesprek begin met die woorde, “wat ‘n pragtige dag is die nie, geen wind, geen storms”. Die jong dame het haar gesig gelig en die trane het geblink op haar wange terwyl sy antwoord; “ja dit is, maar hier waar ek sit is dit donder-weer, reen, blitse en ruk-winde!” Die ou vroutjie het nader geskuif en met haar vuil, stukkende handjies die jong dame se hand in haar hande geneem. “My kindjie, kom die ou tannie vertel jou ‘n verhaal, dis ‘n verhaal uit my eie lewe. Ek het al harde lesse geleer en voel ek moet dit met jou deel. Jare terug was ek ‘n hoog geleerde, ‘n mamma, ‘n uitstaande presteerder op skool en was my lewe lank hoog aangesien. Ek het geleer, al het ek die mooiste huis, die grootste gesin, leef in weelde, beweeg in hoë kringe, maar het nie liefde nie, dan help dit my niks. Al het ek hope kennis, hoë geleerdheid, groot geloof sodat ek berge kan versit, maar het nie liefde nie sal ek niks wees nie. Al deel ek al my goed uit en het nie liefde nie,baat ek niks daarby nie”. Die jong dame het stil geluister en gevra wat liefde dan eintlik is. Die ou vroutjie het haar vrae met ‘n baie liefdevolle stem geantwoord, “Liefde my kindjie is baie in een, liefde is..... lankmoedig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde praat nie groot nie,is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie,reken die kwaad nie toe nie,is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Die liefde bedek alles, Glo alles, Hoop alles, Verdra alles.” Die jong dame het verbaas na die ou vroutjie gekyk en gesê, “Jy weet alles! Ek verstaan nie hoekom jou lewe dan so verander het nie? Jy bly in parke, het geen goeie kos om te eet, het niemand by jou en het niks nie behalwe die slentertjies wat jy aan het?” Die ou vroutjie antwoord glimlaggend, “Ek ken nie alles nie, maar eendag sal ek alles ten volle ken. Nou bly geloof, hoop en liefde oor – maar die grootste hiervan Is die liefde.” mag almal vandag n Kor. 13 dag hè!!
Posted on: Fri, 28 Jun 2013 05:47:54 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015