More kerels! Die union final word die 10de augustus gespeel. Ons - TopicsExpress



          

More kerels! Die union final word die 10de augustus gespeel. Ons wil graag die 12de augustus begin oefen, aangesien Protea Cup die 7de september al begin. So ons het net 4 weke om onsself reg te kry! Ons wil graag die eerste 4 weke maandae ook oefen. Maandae sal fiksheid wees, dinsdag ballskills en grids, donderdae weer fiksheid. Sodra die eerste games begin sal maandae wegval. Ons almal weet ons kan nie onfiks of ongekondisioneerd rugby speel nie... Ons moet n sukses van hierdie seisoen maak, sodat ons die klub kan bou om weer Rhino Cup te kan speel. En om dit te doen, gaan almal moet vinger trek, by die oefeninge uitkom, dissipline handhaaf op alle aspekte. Ons gaan mekaar moet motiveer en saamwerk, soos wat saterdae op die veld gedoen moet word. Aners gaan dit weer n lang seisoen vir almal wees! Die seisoen eindig reeds in Desember, so dis nie veel gevra nie... Indien ouens in ag geneem wil word vir die provinsiale wedstryde wat vroeg januarie reeds begin, gaan jy in elk gaval jou a-game moet bring om hand op te steek vir die keurders. Wat is julle gevoel hieroor?
Posted on: Tue, 16 Jul 2013 06:55:20 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015