More more !!! Ek loer solank in terwyl ek vir skoma in die kar - TopicsExpress



          

More more !!! Ek loer solank in terwyl ek vir skoma in die kar sit en wag. 1. Padkos Virri Siel KIND se 10 GEBOOIE aan OUERS: 1. My hande is klein; moenie perfeksie verwag wanneer ek my bed opmaak, ‘n prent teken of ‘n bal gooi nie. My bene is kort; loop asseblief stadiger sodat ek kan byhou by jou. 2. My oë het nog nie die wêreld aanskou soos jou oë het nie; laat my asseblief toe om veilig te verken. Moenie my onnodig inperk nie. 3. Huiswerk sal vir altyd daar wees. Ek is net vir ‘n kort... tydjie klein; maak asseblief tyd om hierdie wonderlike wêreld aan my te verduidelik en doen dit asseblief gewilliglik. 4. Ek is fyngevoelig; wees asseblief sensitief vir my behoeftes ook. Moenie heeldag oor my kla nie. (Jy sou nie daarvan gehou het om heeldag aangespreek te word oor jou nuuskierigheid nie). Behandel my asseblief soos wat jy behandel wil word. 5. Ek is ‘n spesiale geskenk van God; bewaar my asseblief soos wat God sou wou hê jy moes, hou my verantwoordelik vir my dade, gee my riglyne waarvolgens ek moet lewe en disiplineer my op ‘n liefdevolle manier. 6. Ek het jou aanmoediging nodig om te groei. Probeer asseblief om my nie te veel te kritiseer nie; onthou, jy kan die dinge wat ek doen kritiseer sonder om my persoonlik te kritiseer. 7. Gee asseblief vir my die vryheid om besluite rakende myself te maak. Laat my toe om soms te misluk, sodat ek kan leer uit my foute. Dan sal ek eendag toegerus wees om die regte besluite te maak wanneer die lewe dit van my vereis. 8. Moet asseblief nie iets wat ek gedoen het, oor doen nie. Dit laat my voel dat my pogings nie heeltemal voldoen het aan jou standaarde en verwagtings nie. Ek weet dit is moeilik, maar probeer asseblief om my nie te vergelyk met my broer of suster nie. 9. Moet asseblief nie bang wees om as ouers vir ‘n naweek saam weg te gaan nie, sonder kinders. Kinders het tyd weg van hul ouers af nodig, net soos ouers tyd weg van hulle kinders af nodig het. Behalwe dit, is dit ook ‘n goeie manier om vir ons as kinders te wys dat julle jul huwelik as iets spesiaals beskou. 10. Neem my asseblief gereeld kerk toe, stel vir my ‘n goeie voorbeeld wat ek kan volg. Ek wil graag meer weet en leer van God. Luka
Posted on: Mon, 02 Sep 2013 08:56:51 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015