Motivering 40 J Let it Rain!dit is die lekkerste deel van die - TopicsExpress



          

Motivering 40 J Let it Rain!dit is die lekkerste deel van die jaar.Alles ruik en lyk beter na n goeie was!.Ek lees vanoggend weer n berig oor n klomp ateiste en Christene wat nou weer stry Oor hoe oud die wereld is en die Bybel en wat nog.Luister nou mooi wat ek vandag vir julle se-ek het groot geword met baie idees oor God,die Bybel Die regte en die verkeerde manier,ek was in die susters kerke,sewende dag,ou apostel,pinkster and you name it,op die ou einde is daar net een ding wat jou Red en wat n werlkikheid is-die liefde van God vir ons deur Jesus Christus.Daai liefde is wat ek op n koue vrydag aand in April 2009 ervaar het toe my wereld in een gestort het.Daai aand het ek n keuse gemaak om God eerste te stel en klaar te maak met my eie plannetjies en idees,vandag pluk ek die vrug van n lewe saam met Hom-Dankie Jesus!! Ek sal nooit weer my ore net aan enigiemand uitleen nie-Jy het n wil om God te dien,jy het n wil om ja en nee te se.Vanoggend is daar n berig oor n indier man wat sy 10 maande oue Baba verkrag het en haar vermoor het.Een van die ouens kom in my kantoor en ek wys dit vir hom,hy se toe vir my hy sal hel toe gaan om so n man te vermoor.Mense,mense om virewig Te brand saam met die duiwel en sy klomp narre?Net omdat jy sy leuens glo.Daar is n God wat hierdie man sal oordeel,en mag hy genade ontvang want n swaar straf wag op hom as hy nie berou gaan toon nie.Ek en jy Moet weereens nie ons fokus op mense en hul dinge he nie,maar wel op God.Ek is nie bang oor die dag van more oor eet,drink,werk of slaap nie,my bron is Jesus wat vir my die prys betaal het,sodat ek vandag kan lewe. Solank ek gefokus is op Hom sal ek nie vergaan soos die wereld nie.Ja dit is moeilik vir n ateis om dit te glo,ek bid vir hulle want eendag sal die realiteit hulle tref.Ek se dit al lank Daar is meer bewyse van n God as enigiets anders en as jy Jesus eers Here van jou lewe gemaak het is dit nog makliker om te glo!Ek beleef n liefde en n aanvaarding in my hart van hierdie Amazing Skepper,en ek weet dat niks my uit Sy hand kan ruk nie-My hart siel en gees behoort aan Hom.Ek het geen vrees nie.My vraag aan jou vandag-waar staan jy?Ek bid dat die mure wat jy As gevolg van leuens om jou gebou het ,afgebreek sal word en dat jy die lig van God sal sien.Daar is niks beter as om vry en vergewe te wees nie.Mag die liefde van God jou hierdie week oorweldig wanneer jy Jou hart vir Hom oopmaak.Baie liefde en seen vir julle met die begin van die reen seisoen!
Posted on: Mon, 30 Sep 2013 08:34:49 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015