My gebed vandag vir jou Aan al my dierbare vriende op FB, Ek - TopicsExpress



          

My gebed vandag vir jou Aan al my dierbare vriende op FB, Ek wil graag met die hulp van die Here elkeen net ’n bietjie aanmoedig en die lam knieë weer sterk maak. Groete ~ Oom Jacques. Jesaja 49:15 ”Kan ’n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!” • My gebed vandag vir jou, is dat die Here jou stewig vas sal hou. Hy bly getrou al sou vriende en familie jou nie onthou. • Al voel jy verlate en alleen; Diésulkes wil en sal Jesus seën ~ Dit laat Sy teer hart oor jou toestand ween. Psalms 84:11 ”Want die Here God is ’n son en skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.” • Ons mag van tyd tot tyd met mekaar verskil, maar laat dit tog nooit word ’n bitter pil. Hebreërs 12:15 ”En pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” 1 Tessalonisens 3:12 ”En mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is...” • Ons liefde vir een die ander moet tog nooit verflou ~ Laat ons liewer die goeie dinge omtrent mekaar onthou. Handelinge 9:39 ”En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder - en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.” • Kom ons spreek een die ander vry, en kry so end met kritiek en onnodige stryery. Kom ons kry ons gedagtes op die Kruis; Dan kom daar onderlinge vrede, tot in ons huis. Romeine 15:33 ”En die God van vrede sy met julle almal! Amen.” • Hemelse Vader, dink tog in Jesus Naam, aan elkeen se persoonlike stryd en probleme, en verander tog die struikelblokke, en seermaak stene vir ons in ongekende seëninge. • Wil U tog die Satan spoedig onder ons voete verbrysel, en vasbind in kettings van yster. Laat sy toelaatbare tyd wees verstreke, en werp U hom uit na dorre streke! Romeine 16:20 ”En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle!” • Here, wil U tog vir ’n slag, al my kosbare vriende op FB bederf, sodat hulle weer van vreugde na lag. Laat ons nie meer hier en daar rondswerf, maar die oorvloedige seën geniet, wat ons in Jesus Christus het geërf. Psalms 103:5 ”Wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend.” Facebook: Jacques van der Hoven.
Posted on: Sat, 19 Oct 2013 12:08:06 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015