Môre is my Meis 27! Wat n reis! Ek onthou ou dr. Scholtz wat my van begin Augustus elke Saterdag-en Sondagoggend gebel het... Ek gaan met die honde stap op die strand, maar sal oor n uur terug wees. Bel tannie Annamarie, sy sal my inlig as ek terug is. En dan antwoord ek, Dankie dr, maar ek hou nie van Augustus nie, die wind waai en dis kattemaand, ek gaan nie die baba in Augustus hê nie. En toe, op lentedag, kry die boeties n lenteblommetjie! So trots op alles wat sy vermag het in haar lewe!
Posted on: Sun, 31 Aug 2014 18:54:46 +0000