‘N DAG IS DAAR VIR DIE HERE VAN DIE LEËRSKARE OOR AL WAT TROTS - TopicsExpress



          

‘N DAG IS DAAR VIR DIE HERE VAN DIE LEËRSKARE OOR AL WAT TROTS EN HOOG IS, EN OOR AL WAT VERHEWE IS, SODAT DIT VERNEDER KAN WORD; EN OOR AL DIE HOË BERGE EN OOR AL DIE VERHEWE HEUWELS. GESKRYF DEUR: ESTHER, JOHANNA (ESTIE) COETZEE En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; en die Here alleen sal in dié dag verhewe wees. ʼn Dag is daar vir die Here van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word; en oor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels. Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die Here alleen sal in dié dag verhewe wees. Jesaja het gesê: “In die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op ʼn hoë en verhewe troon, terwyl Sy some die tempel gevul het. Kyk, die Here, Here van die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi. Die Here is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid. Nou sal Ek opstaan, sê die Here; nou sal Ek My verhef, nou sal Ek My oprig. Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die Here terugkeer na Sion. So sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ʼn basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.
Posted on: Tue, 24 Sep 2013 04:00:01 +0000

Trending Topics



class="stbody" style="min-height:30px;">
Rep ranges In almost any type of weightlifting program you are
ight:30px;">
Initiation Song:: Please bring strange things. Please come
Muslim Women Prepare Undercover Rebellion; Use Internet To Order
If my people, who are called by my name, will humble themselves
WHAT A SHAME – Another Senior Scam! Boomers & Seniors this

Recently Viewed Topics




© 2015