Nadat daar uitdruklik vir my uit een gesit is,dat ek en my - TopicsExpress



          

Nadat daar uitdruklik vir my uit een gesit is,dat ek en my ysterperd in die straat verbied is,het ek vandag besluit om my sleutels op te hang,en vir n wyle op alternatiewe vervoer staat te maak... Ek stap toe om die huis en kom op n steentydperk mountain bike af wat sy laaste dice in 1600 BC gejaag het...Heel gekant teen die idee,blaas ek byna twee swartsakke stof van die ding af,en besluit om dit n go te gee... Om weg te kruip en onbekend in die dorp te lyk,het ek my hoedjie en donkerbrilletjies op gesit,en aan die werk getree.Die probleme het sommer dadelik begin,toe ek nie die kickstarter,ignition of rat hefboom kon uitwys nie. Met selfs my motorfiets wat deesdae gereeld gekreun het met wegtrek,moes ek daardie paar mcdonalds,kfc en king pie meals gaan afwerk. Met n "ja nanan" cheer van my sussie se klein meisiekind af,het ek besef dat ek niemand mag teleurstel nie. Ek het op die fiets gespring en vigirously begin trap.Oppad na my hek toe,was ek naby aan opgee,maar die "it only starts working when it starts burning" woorde wat ek as n kind op n cartoon gehoor het,was genoeg om my te motiveer,en het ek met my logge liggaam voort gesqueek deur die dorp... Die aanhoudende geluide van parte wat wou uitmoer,het dit duidelik gestel dat die fiets nie meer gesond was nie...Toe ek die probleem wou ondersoek,het ek my motorfiets instink gebruik en die clutch tot heelagter ingetrek.Probleem was,die "clutch" was die voorbriek,en die voorbriek was nog in uitstekende kondisie... Nadat ek my plek van groot belang teen die middelste pyp beseer het...het ek my familie juwele vir n paar minute as n halsnoer om my nek gedra.Ek het dit wel later vanaf my keel gedruk,en op hulle oorspronlike plek geplaas... Ek post die status van wardering vir elke liewe ellisrasser wat vir my gewaai,en breed geglimlag het terwyl ek wydsbeen en krom die lang pad terug huistoe gestap het...Ek wil net die saak regstel....nee...ek het nie my broek beskuit nie...ek het wel vir my toekomstige kinders beloon met vierkantige oë,dis wat gebeur het... Maar ek is dankbaar vir vriendelike mense Dankie N warderende Quintin de Lange
Posted on: Sat, 27 Jul 2013 20:16:19 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015