Neem my hand, Here, lei my tree vir tree deur hierdie dag - TopicsExpress



          

Neem my hand, Here, lei my tree vir tree deur hierdie dag – Laat my nie weer terug kyk oor gister nie want dis verby, maar laat my wandel op die weg wat U vir my beplan het vir vandag, Heer vergewe al my sondes en ek vergewe ook vir die wat teen my gesondig het, laat my nuut begin soos elke nuwe more wanneer die dag n mens begroet met die voeltjies se gesange Heer gee vir my ook n lied, soos die son se strale deur breek en jou met warmte omvou, Heer gee dat ek ook vandag in my hart teenoor ander sal optree met warmte van liefde en omgee sodat ek hulle daardeur kan omvou, Laat U lig my omring, O God, sodat ek nooit in duisternis kan wees nie, Laat u liefde my omvou, O God, sodat ek weet ek is nooit alleen nie, Laat u krag my beskerm, O God, sodat ek weet dat ek die satan se planne onmiddelik kan bind, Laat u teenwoordigheid my verbly,sodat ek weet U O God is elke oomblik saam met my. O Heer lei ons, om volgens U wil te leef. Amen.!!!!!
Posted on: Fri, 29 Nov 2013 04:23:50 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015