OPREGTE MENSE MAAK OOK FOUTE Petrus (Sefas) het saam met die - TopicsExpress



          

OPREGTE MENSE MAAK OOK FOUTE Petrus (Sefas) het saam met die nie-Jode geëet. Toe daar egter Jode van Jakobus-hulle af by hulle aansluit, het Petrus hom onttrek en hom tydens etes eenkant gehou. Hy was bang vir wat die Joodse Christene sou sê. Die Joodse Christene het hulle toe ook by Petrus geskaar, en selfs Barnabas het hom deur hulle skeinheiligheid laat saamsleep. Petrus maak ‘n oordeelsfout in sy poging om die Joodse Christene in ag te neem. Hy vereis eintlik hiermee van die nie-Jode om Joodse wette na te kom. Paulus sien dat hulle optrede nie strook met die waarheid van die Goeie Nuus nie. Paulus spreek Petrus direk hieroor aan in Galasiërs 2:14-15 : “Hoe kan jy, wat ‘n Jood is – wat egter nie meer Joods lewe nie, maar nie-Joods - die nie-Jode dwing om soos Jode te leef? Alhoewel ons van die Jode en nie van ongelowige volke afstam nie, weet ons tog dat niemand deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie. Net deur die geloof in Jesus Christus kan dit gebeur.” Petrus is ‘n toegewyde volgeling van Jesus. Tog begaan hy hier ‘n ernstige fout. Hy skei homself van die nie-Joodse Christene af, om sy kleingeestige Joodse vriende tevrede te stel. Hy moes juis die teenoorgestelde voorbeeld aan hulle stel! Hy moet hulle juis lei in die waarheid. Selfs toegewyde gelowiges maak foute, wat skade aan God se koninkryk doen. Die Woord van God bly ons toets of iemand reg optree of nie. Hierin moet ons as gelowiges mekaar help, en teregwys met liefde. Daarom hou ouderlinge ook toesig oor die boodskap wat leraars verkondig. Ons moet almal saam soek na die leiding van die Here, deur sy Woord en Gees. So groei ons saam in die waarheid. Ernest
Posted on: Thu, 26 Sep 2013 08:02:46 +0000

Trending Topics



oriamo nel settore video foto reportagistico ci
7 d´Octubre: Casa del LLibre : Passeig de Grácia, 62 19:00

Recently Viewed Topics




© 2015