Om die reg te verdien om te lei, verg die volgende: 1) Evalueer - TopicsExpress



          

Om die reg te verdien om te lei, verg die volgende: 1) Evalueer die situasie deur gebed voor jy besluit. Dieselfde ding van leierskap wat dit so aantreklik vir jou ego maak, maak jou kwesbaar vir die druk en lofbetuiging van mense. "Toe Jesus merk dat hulle Hom... wil kom koning maak, het Hy verder die berg opgegaan, Hy alleen." (Joh. 6:15 NV). Wie wil nie soms die "koning" wees nie? Jesus het Hom nie laat lei deur die applous van die skare nie; Hy is gelei deur die wil van Sy Vader. Jy moet dieselfde doen. 2) Moenie bloot die pos vul nie, maar stel die regte persoon aan. Soms stel ons mense aan net omdat ons niemand anders kan kry nie. Maar wat gebeur as die werk groter as hulle word? Hier is meer op die spel as om iemand se gevoelens in ag te neem. Jou vrees om mense te konfronteer, sal mense toelaat om op die verkeerde plek te laat slaplê, jou visie vertraag en die talentvolle mense om jou ontmoedig en laat wonder: "Hoe lank gaan jy hiermee uithou?" 3) Soek die beste raad wat jy kan vind. "Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid." (Spr. 13:20 NV). Soek raad by iemand wat jy respekteer, iemand wat reeds gedoen het wat jy nou wil doen, veral wanneer jou besluit ander gaan beïnvloed en die toets van die tyd moet deurstaan. Wat vandag vir jou goed lyk in iemand anders se gladde verkoopsaanbieding, mag dalk môre nie so goed lyk wanneer daar beter opsies is nie. Jesus sê gaan sit eers en bereken die koste.
Posted on: Mon, 24 Jun 2013 07:26:34 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015