Oudpres. Nelson Mandaela is "soms ongemaklik, maar hy het nie pyn - TopicsExpress



          

Oudpres. Nelson Mandaela is "soms ongemaklik, maar hy het nie pyn nie. Hy is oraait.” Só het Graca Machel, Madiba se vrou, Donderdagoggend gesê. Sy het onverwags by die Mandela-stigting in Houghton, Johannesburg, opgedaag om haar steun te wys vir die Nelson Mandela-sport-en-kultuurdag wat later vanjaar plaasvind. Noudat Madiba in die hospitaal is, gee hy weer vir ons dié geskenk. Die kans om weer te verenig. Dis sy geskenk aan ons. Machel het gesê sy het Madiba se sy verlaat om dankie te sê vir al die ondersteuning van die publiek en ander. “Die tweede rede is omdat dié sport-en-kultuurinisiatief alles verteenwoordig waarvoor Madiba staan. Hy is nou al meer as 25 dae in die hospitaal. Hy is soms ongemaklik, maar hy het nie pyn nie. Hy is oraait. "Toe hy uit die tronk vrygelaat is, het hy vir ons die grootste geskenk ooit gegee – eenheid en die vermoë om te herenig. Oor die jare heen het baie van ons egter hiervan vergeet. Noudat Madiba in die hospitaal is, gee hy weer vir ons dié geskenk. Die kans om weer te verenig. Dis sy geskenk aan ons, ongeag die uitkoms van sy tyd in die hospitaal. Dis die tweede keer wat hy ons as ’n nasie verenig. Elkeen van ons wys nou dat ons hom ewe lief het, en dat ons almal lief is vir die land.” Machel het ook gepraat oor Mandela se liefde vir kinders en spesifiek verwys na die Nelson Mandela-kinderhospitaal. “Terwyl almal vir hom bid moet ons ook dink aan die toekoms, aan sy nalatenskap. Dit moet tasbaar wees.” Sy het gesê sy is dankbaar vir al die blomme en kaartjies, maar mense aangemoedig om eerder ’n donasie aan die kinderhospitaal te maak as hulle iets vir Madiba wil doen. Sy laaste wens is om dié kinderhospitaal uit te brei.
Posted on: Thu, 04 Jul 2013 21:18:58 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015