Ouers kry dogter dood in haar bed ’n MATRIEKLEERLING van - TopicsExpress



          

Ouers kry dogter dood in haar bed ’n MATRIEKLEERLING van Dewetsdorp se ouers is platgeslaan nadat hulle hul enigste dogter gister dood in haar bed gekry het. Jo-Mari Hall (18), ’n leerling aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, is omstreeks 06:00 deur haar ouers dood in haar bed aangetref nadat sy ’n handvol pille gedrink het. Sy het haarself in die vroeë oggendure in haar kamer toegemaak en die pille gedrink. Dr. Marietjie Schulz, haar ma, sê sy gaan haar enigste dogter mis. “Ons het dit glad nie verwag nie. Alles was nog normaal toe ons die vorige aand gaan slaap het. Sy was ’n introvert en het nie baie maatjies gehad nie.” Schulz sê haar dogter het ’n brief gelos, maar dit is steeds by die polisie. Sy het gisteroggend gaan kyk of haar dogter al gereed is om skool toe te gaan, maar die deur was gesluit. Jo-Marie het die handvatsel aan die binnekant afgeskroef en ’n spieëlkassie voor die deur gesit. Haar pa, John Hall, het daarin geslaag om die deur oop te stoot, maar dit was reeds te laat. Schulz het gesê haar dogter sou volgende jaar rekenaarprogrammering by die CTU-kollege in Bloemfontein gestudeer het en was al reeds geregistreer. “Sy was my enigste dogter. Ons het nie verwag om haar dood in die bed te kry nie,” het ’n steeds geskokte en hartseer Schulz gister gesê. Jo-Mari se skielike dood is ’n groot skok vir almal, sê sy. Sers. Yanga Ngcukana, polisiewoordvoerder, het gesê ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.
Posted on: Tue, 13 Aug 2013 06:45:48 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics



.

© 2015