PLAATKOEKIES 250ml koekmeel 10ml bakpoeier 1ml sout 30ml - TopicsExpress



          

PLAATKOEKIES 250ml koekmeel 10ml bakpoeier 1ml sout 30ml suiker 1extra large eier 200ml melk 15ml gesmelte botter of margarien 1. Sif al die droe bestandele saam. 2. Klits eier en melk en gesmelte botter saam en voeg by droe bestandele. Meng baie goed tot beslag mooi glad is. Laat staan dan vir +/- 30min voor jy begin bak. Plaatkoekie ontbyt met tamatie, hardekookte eier, gebraaide spek, uie en kaas. Bak plaatkoekies Hardgekookte eiers Skyfies tamaties Braai bietjie gesnipperde spek, gekapte uie. Kaas van jou keuse (gerasper) Stapel jou ontbytkoekie Begin met die plaatkoekie, snytjie tamatie, skyfies eier, en laastens die spek en uie en bietjie gerasperde kaas. Plaas in oond sodat die kaas net bietjie smelt en koekie warm is
Posted on: Mon, 19 Aug 2013 10:12:22 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015