Pioneer Foods Halfmarathon het nou ook ‘n 5 en 10km - TopicsExpress



          

Pioneer Foods Halfmarathon het nou ook ‘n 5 en 10km draf!! Weens buitengewone belangstelling, sal die Pioneer Foods Halfmarathon wat op Vrydag, 27 September plaasvind, ook nou ‘n 5km en 10km roete insluit, tesame met die 21,1km nagwedloop. Koplampe is ‘n vereiste.Inskrywingsgeld is R50 pp en kan vanaf 16:30 by die ingang van die Landbou Navorsingsatsie op die Eiland gedoen word, waarna die wegspring om 18:00 sal wees. Die roete is vandaar op die Jooste Eiland pad en sal verlig word met lanternliggies. Die 21,1km roete sal ongeveer 3 ure neem om te voltooi en deelnemers kan onder andere in die volgende kategorieë inskryf: junior, veteran, meester en grootmeester. Elke deelnemer sal ‘n medalje kry en daar sal ook gelukstrekkings gehou word. Die inskrywingsvorm is op die webblad beskikbaar. Vir navrae, kontak gerus kontak gerus die Kalahari Kuierfees kantoor by 054 332 1100 of besoek die webwerf by kuierfees.co.za.
Posted on: Thu, 12 Sep 2013 21:18:09 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015