Pro 3:1-6 (1) My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou - TopicsExpress



          

Pro 3:1-6 (1) My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; (2) want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder. (3) Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, (4) dan sal jy genade vind en ‘n goeie insig in die oë van God en die mense. (5) Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. (6) Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. Weereens kry ons die versekerking uit die Bybel van die trou van die Here, van Sy deurgesette liefde en ondersteuning en bystand. Die vereiste wat aan ons gestel word is om Sy onderwysing te onthou. Baie mense gaan deur die lewe sonder om ag te slaan op die onderwysing wat hulle ontvang omdat dit nie saamstem met dit wat hulle graag wil glo of omdat dit nie is soos hulle dit wil sien nie. Die kennis van wat reg is of wat verkeed is word daagliks aan ons oorgedra, ons kry dit elke keer wanneer ons die Bybel oopmaak, maar wat ons daarmee maak is n totaal ander saak. In die meeste gevalle word die kennis wat opgedoen word onder die mat in gevee of daar word iemand gesoek wat volgens ons mening daardie kennis nodig het, maar ons as mens sal baie weinig erken dat die kennis wat gedeel word ons toekom. Een ding moet ons egter nooit vergeet nie, die Bybel is baie duidelik daaromtrent, as ons die kennis ontvang en dit nie toepas en deel van ons lewe maak nie, is ons nie in die wil van die Here nie en sal ons nie in Sy genade wees nie, dan is die verdoemenis ons erfenis.
Posted on: Thu, 17 Oct 2013 07:08:15 +0000

Trending Topics



years. Even with
BRAINtastic v2 Reading Success Bundle Mac [Download] CHECK
The media is silent on the extraordinary history of al-Liby, the
RINITA ALERGICA Rinita inseamna inflamarea mucoasei nazale in
A new atomic model 1.what is the new atomic model? How does the
THE SPECTER OF DESERTION. A LESSON IN CHRISTIAN DEVOTION FOR US IN

Recently Viewed Topics




© 2015